Beste mense daar
Ek's 'n Duitser en bly in Europa, maar ek sou baie graag vir 'n tydjie SA toe kom om Afrikaans aan te leer. Ongelukkig kan ek nie 'n skool of 'n kursus daarvoor vind nie. Kan u my asseblief, asseblief help? Of is daar miskien toere dwarsdeur SA met Afrikaanse gids?
Baie dankie by voorbaat
Groetnis
Bernd


Kommentaar
Bernd, daar is honderde toere deur Suid-Afrika met Afrikaanse gidse. Die probleem is net, hulle praat almal Engels, hulle moet want Sanparke se saketaal is nou kwansuis Engels, te hel met die ou en ekonomies-gesonde idee dat die klant koning is. Soos in Suid-Wes is die amptelike taal hier te lande ook nou hier Engels (ek dink selfs die mees lojale 'nuwe' Suid-Afrikaners begin nou agterkom dat 11 amptelike tale net 'n truuk was om Engels in te stel. Ons is 'n Anglo-Amerikaanse kolonie; hulle gaan nou juis weer een van die dae die Karoo kom opmors met hidrobreking en die wildtuine opfoeter met hotelle en goed.
Nee, as jy Afrikaans wil leer kom kuier vir Afrikaanse mense aan huis (dan kry jy nog jou bier verniet ook!)
Groetnis
Jan Rap