Afrika se bye

  • 1

Dumela.

 

'n Ruk gelede het ek die hartseer vernietiging van bye in die geldgedrewe selfsug deur korpokrasië soos Monsanto, hier gedeel.

Die stryd teen GMO is selfs op eie bodem al gevoel.

Intussen word Monsanto se produkte byna daagliks iewers in die wêreld, finaal van die rak gehaal.

In die lig van al hierdie verwikkelinge is  Portia se byeboer verhaal beslis besonder.

Portia, is 'n dame wat in die Winterveld grootgeword het.

Geseënd soos ons in Afrika se natuur is, het sy ook grootgeword met die gedagte dat bye 'n pes is. Enigeen wat al in 'n huis met houtvloere of 'n plafon grootgeword het sal weet hoe seer dit kan raak as die ywerige insekte eers hul intrek geneem het.

Maar Portia se mening het verander.

Sy het haar besigheid vernuf en die bedreiging van bye in 'n entrepreneurskap saamgevoeg wat selfs haar gemeenskap uiteindelik bevoordeel het. Na groot opoffering en toewyding, sal "Iliju Honey" van krag tot krag gaan.

Geen mens bestaan op hul eie nie; met spesiale dank ook hier aan Sir Richard Branson (nes Emily Hobhouse, een van die handvol goeie Ingelse op aarde).

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke, Boere en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top