aapstert-NDR

  • 0

swart-’p-wit, selfs volkleur, “Fourth Estate”-spann’ng,
ingebedheidsdruk, vrgoeil’k’ngseis, vinn’g aan’t oplaai,
mampara, mugu, maaifoedie, skebenga, “Freedom Cry”,
eg ong’dwonge, amp’r opreg-ytie-hart, “true” vrsoen’ng

simptome stroom so simptomaties v’rby struktuurg’weld,
g’n niemand pedagogies v’n ontkenn’ngskunde vryg’skeld,
punt is, aanmeldpunt, adviessentrum, lokaliteit, onv’rmeld,
meerd’rheid min-’f-meer altyd minn’rheidsbrutaliteit ontgeld

VN, AU, Kommissie, spinsangoma, b’midd’l’ngs, uitg’dien,
nie eens in staat, Zimbabwe-grondwet propp’rs t’hersien,
wie’p Aard s’l nu eie sake aan papzakpaloekas oorlaat?

inligtingshoere, info-askari’s, multi-medium-paparazzi,
lokaal sentrale demokrasie veel meer nes dié v’n Nazi,
staat-binne-’n-staat, binne-’n-staat, oneffektief kwadraat

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top