Jaco skryf in sy kommentaar op my brief https://www.litnet.co.za/Article/brief-dankie-jaco-en-laat-ek-jou-tog-maar-reghelp dat ek sogenaamd “moet aanbeweeg”. Aanbeweeg na wat, Jaco? Aanbeweeg met dieselfde mense wat dink ons duurgekoopte vryheid deur dood, bloed, sweet en trane is niks werd nie? Aanbeweeg waarnatoe met daardie selfde mense?
Ons sal nêrens kom solank ons daardie mense verskoon en vergoeilik nie. Daardie mense en hul kohorte sal ons weer op die volgende pad na nêrens lei. Nee, daardie mense moet nooit weer toegelaat word om met ons kosbaarste kleinnode soos ons vryheid, ons geskiedenis en ons kultuur te dobbel nie. Hulle het dit al laggende onder hulle blink skoene vertrap en daarop gedans van blydskap omdat hulle dit tot 'n val gebring het.
Soos Pik Botha se berugte uitspraak vandag nog steeds by baie patriotte spook: "I shall rejoice when a black man become president of South Africa." Terwyl die Afrikaner die spreekwoordelike adder aan die boesem vertroetel het, het Botha en sy eendersdenkende kohorte ons in die hakskeen "gePik”, by wyse van spreke.
Vandag is reeds 'n miljoen van die hoogs gekwalifiseerde room van die Afrikaner landuit weg gevlug en daardie renegate en sikofante is steeds besig om te "rejoice" en te dans van vreugde oor wat hulle gedoen het. Ons kinders sit die buiteland vol, ons word verdruk in ons voormalige vaderland, maar daardie renegate en sikofante "rejoice" en dans van tevredenheid. Jy hoor hulle nog elke nou en dan oor die radio en televisie hulle verfoeilike dade goedpraat en rasionaliseer, asof dit die een of ander soort "prestasie" was om jou eie te verraai en eerloos uit te lewer aan die tirannie van ‘n Afrika-meerderheid.
Verbeel jou, hier kom FW de Klerk nou na 20 jaar agter dat die ANC eintlik rassisties is deur te diskrimineer op grond van ras? Hallo? Dis soos die spreekwoordelike Rip van Winkel sy politiek sou bedrywe, nie waar nie? En ons het toegelaat dat sulke mense ons regeer?
Terwyl ons sit met die voorbeelde van Zimbabwe, Mosambiek en Angola op ons voorstoep, het daardie mense loop te vertel dat dit “hier anders sal wees”. Daar was geen rede om te dink dat dit hier “anders” sal wees nie. En dit was toe ook nie.
Dis asof die Afrikaners telkens eers vir hulself ‘n baie diep put grawe, en dit daarna as ‘n prestasie beskou om weer daaruit te kom deur homself aan sy eie skoenrieme op te trek. Ek verstaan dit nie.
Ons is tans weer in dieselfde situasie en daar is nie ‘n leer in daai put nie. Ons sal self ‘n lang leer moet bou op die een of ander manier. Ons sal egter nie op die dansende “rejoicers” kan reken nie. Hulle sal die boumateriaal agteraf aan ons vyande gaan verkoop. En dan begin hulle weer dans ...
Dit bring ons weer terug by die aanvanklike punt: Ja, daardie mense by Kodesa was dom in wat hulle gedoen het. Sela.
Gawerjal


Kommentaar
Dankie weereens vir jou nugtere beskrywing van die werklikheid Gawerjal - ek voel ek kan maar begin "aftree" uit hierdie "debat" met jou bekwaamheid hier!
Gawerjal
Jy is ooglopende 'n SêNet bekende onder 'n nuwe skuilnaam.
Jy laat my aan iemand anders dink wat pleks om met 'n bestaande skakel die debat voort te sit, 'n nuwe een skep vir twee redes. Eerstens om op die voorblad te bly, en tweedens sodat die oorspronklike debat wat hier "ge-rehash" word, daar stomp te be-eindig, want daar het dit vir jou te warm begin geword.
In die vorige skakel het ek geskryf: "Jy sing dieselfde liedjie oor en oor, net elkekeer op 'n ander deuntjie". Hier word dit bewys. Sodra jy ophou met die sirkel debat, en met iets oorspronliks vorendag kom, gaan ek nie my tyd hiermee mors nie.
Jaco Fourie se verdagmakery is absoluut van betrekking net op homself ... 'n ongure karakter wat reeds onder vele maskers -selfs op 'n keer met "Cornelius" - sy gal gedrup het ...en waar die dit "te warm vir hom word" ... sing hy dieselfde sirkel deuntjie met "iets oorspronliks vorendag kom, gaan ek nie my tyd hiermee mors nie", en verval dan in sy kinderagtige en meerwaardige belaglike stil stuipe ... hahahahahaha!!!!
Jaco, Jaco, Jaco: Jy is 'n oneerlike debatteerder, vriend. As jy nie antwoorde het nie, dan val jy die persoon se karakter aan. Dis verkeerd en benede beskaafde mense, my vriend. En nee, ek is nie 'n ou Sênetter nie, maar ek het al baie kommentare gelewer op ander webwerwe op die internet.. As jy nie antwoorde het nie, wees eerlik en sê dan so.
Ou maat
Jou respons hierbo: "As jy nie antwoorde het nie, dan val jy die persoon se karakter aan".
Jy is een om van te praat met jou: "Die verraaiers, jellievisse, renegate en sikofant; skoenlekkers en papperds; (Jaco) is soos 'n laerskool kind wat met grootmense wil redeneer!"
Met jou stelling van "nie antwoorde het nie" moet dit dan op jou van toepassing wees, want jy het my en ander persone se karakters aangeval
Jy is die een wat oneerlik is. Jy het dieselfde stellings oor en oor gemaak in verskillende vorms. Ek is die een wat alles in perspektief gestel het, 'n ware perspektief wat teen jou geliefde propaganda indruis.
(Propaganda = leuens wat soos 'n waarheid wil voorkom)
Jaco, Jaco, Jaco, wat is die probleem? Jy is die een wat skrywe dat ek die verraaier is, omdat ek nie wou deelneem aan Kodesa nie. Jy is verkeerd.
Eerstens, die NP het mos die Afrikaner establishment by Kodesa verteenwoordig en vir hul kritici uitgekryt as "onregdenkend", dws bedenkers van onreg. Hulle was die amptelike onderhandelaars.
Tweedens, waarom sal ek wil deelneem aan my eie ondergang? Dis soos 10 wolwe en twee skape wat saam demokraties besluit wat hulle vir aandete gaan hê....
Derdens, daar is groot fout met jou logika. Hoe op deeske aarde kan die TEENSTANDERS van oorgawe en kapitulasie uitgekryt word as verraaiers? Dis mos onsinnig, mens! Dis eintlik kranksinnig! Jy is die slagoffer van jou eie "gekkegrens"......
Vierdens, dade het gevolge. Wat ons vandag mee sit is die gevolge van die papperds en dommerds en skoenlekkers se kapitulasie by Kodesa. Dit help nie om mooi broodjies daaroor te bak nie.
Het die tyd nie aangebreek om die debat nou te staak nie. Ons kan nie die geskiedenis herskryf of herleef nie.
Almal weet nou teen die tyd wat die verskillende standpunte is.
As sekretaris van 'n minderheidsparty-tak weet ek uit ondervinding dat dit besonder moeilik is om geykte standpunte en persepsies te verander. 'n Mens het mos, dit is nou die wat ouer as 40 is groot geword met die idee dat dominee, onderwyser en party weet wat die beste is en jy doodeenvoudig agter hulle inval en respekteer.
Nou klink dit weer of ek my eie beuel blaas, maar toe ek in 1994 voorspel dat die NP die grootste pak slae van hul lewe in die verkiesing op die lyf gaan loop, wou byna geen kollega meer met praat nie. Veral toe ek voorspel het dat as die regses nie op nasionale vlak die NP grootskaals ondersteun nie, die party nie die vereiste 20% sou haal nie.
Die party het toe met 20.4% die paal gehaal. 62.4% 12 256 824 ANC-stemme teenoor 20.4% 3 983 690 NP-stemme is k....pak, of 'n mens daarvan hou of nie.die NP bestaan nie meer nie, nie eers in 'n nuwe vorm nie.
Verkiesings word gewen met stemme en nie praatjies nie. Daar is geen party wat die ANC kan uitdaag nie en darem sal die party nog lank aanbewind bly.
F C Boot
"Het die tyd nie aangebreek om die debat nou te staak nie." Ek stem.
Net jammer dat dit 'n werklikheid is dat die gekkegrens die ou vetes van die verlede lewendig wil hou en steeds die venyn wil aanvuur, veral in Rooi Daantjie se rubrieke, wat knaend daarop hamer.
Jaco Fourie.
F C Boot skrywe:
"Verkiesings word gewen met stemme en nie praatjies nie. Daar is geen party wat die ANC kan uitdaag nie en darem sal die party nog lank aanbewind bly."
Ja, danksy jou soort mense, Jaco. Dis in die bodemlose put waarin jou geliefde NP/DA onderhandelaars ons gedompel het. En nou moet ons volgens Jaco daarvan vergeet en bloot voorgee dat niks gebeur het nie?
Volstruistaktiek van kop-in-die-sand-druk en poepol in die lug staan gaan nie werk nie. As ons die foute van die verlede nie bespreek en ontleed nie, is ons gedoem om dit te herhaal. As ons die jellievisse en skoenlekkers nie identifiseer nie en aanspreek nie, is ons gedoem dat sulke mense ons weer aan die neus gaan lei die donkerte in.
As daardie mense volgens Jaco dan so regdenkend en so slim was, waarom is ons vandag in hierdie gemors? En waarom "back pedal" daardie selfde mense vandag met allerlei verskonings? - Hulle was verkeerd. Hulle was skoenlekkers. Hulle was dom. Dis hoog tyd dat hulle almal dit erken en as gegewe aanvaar. Dan sal die debat daaroor einde kry.