"Brief aan my lief" deur Margaret Lotz

  • 0

Brief van my lief

? Wit papier lê voor my hier
my inbox is leeg
en  ? gedagte aan jou
met  ? versierde hart
en  ? langverwagte brief

Refrein

Dan sit ek nou hier
Met  ? wit papier
wag vir  ? brief van my lief

Valentynsdag is verby
en ek weet dat jy wag vir my
?  leë posbus en  ? brief
met  ? groot rooi hart
in die hoek

Refrein

Dan sit ek nou hier
Met  ? wit papier
wag vir  ? brief van my lief

Die son hang laag oor die stad
My rooiwyn is warm in die somer gebak
Ek klink my glasie wyn
Teen die sonsondergang wat kwyn
En ek weet en ek weet
Ek en jy is so eensaam
En so ver  van mekaar
Soos die son en die maan

Refrein

Dan sit ek nou hier
Met  ? wit papier
wag vir  ? brief van my lief

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top