2013

  • 0

Millennium Drie Sap-Sap, op beautiful planeet, Aarde,
dink voorafg’rangeerd, kitskat’gories, neo-stereotiep,
onb’reid, ’n gram ’f grein “Duiw’lspiek”-gif (af) t’skiep,
skat Self-d’struksie, onkunde, sup’rsup’rieur na waarde

struktuurg’weld v’rswelg hoop, g’loof, hlonipha, trots,
ruk G’wete yt-Mens-yt, onvoorsiens, naïwiteit-’n-al,
moraliteitsb’wak’r, sedepred’k’r, “lei’r”, gooi g’n wal,
meerd’rheid bankvas, agt’r “uitwis”-mentaliteitsrots

staan Mens, 2013, oorlew’ngsg’wys, voor ’n keuse:
medemensliefde, umNtu se ubuNtu, goed ’f kwaad,
agt’rytgang, retrogressie, magsug, g’wet’nloos haat,
“onkund’-ontkenningskunde” sjatanspaparazzo-leuse

hoe ett’r, vrot, sweer, oop seer, rou wond, v’n apartheid,
selfs WVK verd’r’s vér v’n ultraverifieerbaar Waarheid

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top