"Breek my kettings" deur David Botha

  • 0

Breek my kettings

Breek my kettings
Breek my gees
Breek my bene
Breek my vlees
Gee my asem
Maak my groot
Breek my af
en gaan oorboord
Deur die stilte en
om die donker
verloor ons die boodskap weer.

Swaar sonde-siel
My liewe kind
hierdie lewe het jou verniel
In jou oë skyn die gloed
My liewe kind
Jou vingers is vol bloed
Morele erosie resoneer saam met die haat in jou stem
Per toeval, my liewe kind, het ek jou reeds geken
Progressiewe aggressie bedwelm die smaak in my mond
My liewe kind, wat soek die bloed op die grond
Byt my polse
sluit my oë
tap my bloed
en maak my glo
gee my rede
maak my sag
sien my oor
en gee my krag
Deur die stilte
om die donker
verloor ons die boodskap weer.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top