Breakdown-liefde
Dit het begin die dag na matriek.
Baby jy’t gesê jou liefde sal nooit breakdown op my.
Jy’t vir my gelieg die dag toe jy my hart laat bearings knock vir jou.
Baby ek was verkeerd toe ek vir jou sê liefde wen!
Jy verneuk my, sit my hart in low gear in, nie eers Caltex 95 sal my hart kan heel.
In ’n droom skree ek jou naam.
Ag Baby draai die stuurwiel van liefde in my direction
want sonder jou is my liefde ’n breakdown!
Koor
My hart break breakdown vir jou.
Dis soos ’n mes hier in my hart
Kom voel hoe klop my hart as jy in my rigting kyk.
Baby sê vir my ek is die een, die een wat net by jou kan wees.
Kom gee jou hart vir my soos jou belofte dit moes hê.
Sal jou liefde ooit breakdown op my?
Jare later sien ek jou raak op kampus.
As my oë jou aanskou begin my hart klop soos ’n ou trekker.
Ag Baby gee my nog ’n kans –
Net die jawoord, dan reverse ek tot in jou arms,
want dis waar ek behoort.
My hart pomp soos n radiator as ek na jou kyk.
My hart skree toet-toet as jy vir my kyk.
Toet-toet, maar al wat ek kry is ’n leë kyk, jy kyk vir my …
Koor
My hart break breakdown vir jou.
Dis soos ’n mes hier in my hart
Kom voel hoe klop my hart as jy in my rigting kyk.
Baby sê vir my ek is die een, die een wat net by jou kan wees.
Kom gee jou hart vir my soos jou belofte dit moes hê.
Sal jou liefde ooit breakdown op my?
![]() |



