Jy raak in jou brief (God help onse Afrikaners, 26 April 2013) 'n ding aan waarvan die meeste wegskram; hulle wil nie 'alarmisties' wees nie soos een predikant dit aan my gestel het, hulle wil ook nie die kollig daarop hê nie want dit sou 'regse' sienings onderskraag en hulle wil nie daarvan weet nie want dit ontbloot die huidige bestel – waartoe hulle ywerig meegewerk het en nou spog daarmee – as die totale gemors wat dit is.
Ek wil die volgende twee sinnetjies uit jou brief hieronder plak, in vetskrif sodat die wat toevallig my brief lees dit weer kan sien en daaroor nadink:
"Ongeveer 0.8 persent van Mzansi se arbeidsmag is dus wit Afrikaners, en dis teen hulle wat regstellende aksie en swart bemagtiging deur die ANC in hul demokrasie gevoer word.
Kan dit wees dat hierdie 0.8 persent uit die hele Suid-Afrikaanse burgery, regtig so 'n groot bedreiging is, en verantwoordelik kan wees vir die onvermoë van die miljoene ander wettige en onwettige burgers hier?"
Soos jy sê aan Reusedwerg, selfs al word hierdie syfers met 'n faktor twee aangepas na die optimistiese kant toe maak dit skaars 'n verskil. Wat 'n toestand – 'n minderheid wat 'n disproporsionele bydrae tot die staatskas maak word gestraf oor die kamtige bose verlede. Hulle taal word vertrap, hulle geskiedenis word herskryf, plekname word verander, die soort van ding en steeds word dit van hulle verwag om boete te doen vir iets WAT NOOIT BESTAAN HET NIE. Die verbysterendste in hierdie verband is dat daar AFRIKANERS is wat nog steeds preek vir versoening en askies vra kan jy glo.
Ek sien die Gereformeerde Kerk het hom uitgespreek teen die nuwe pornografiese TV-kanale. Kan 'n kerk oor sulke onbenullighede kweel terwyl 'n toestand heers soos deur jou in jou brief beskryf? Dit is elke dominee, predikant, priester, lektor, dosent, pastoor, professor, elkeen met toegang tot 'n openbare verhoog, se plig om hierdie toestand by elke beskikbare geleentheid aan die kaak te stel. Maar nee, hulle vergoeilik (woord wat ek by Jason Lloyd geleer het) hierdie mislukkende staat en, lyk dit my, maan nog hulle lede om "uit te reik", reg te maak waar hulle in die verlede gesondig het en te "versoen".
Dankie, Cornelius, vir jou kollig op die verskriklike sweer.
Groetnis
Jan Rap


Kommentaar
Dagsê Jan,
Dit laat 'n mens stom hoe veral Protestante organisasies, swyg oor die moord en doodslag van ons wit Afrikaners.
Na hul hanskakie-apartheid dwepery van die preekstoel vir geslagte lank, het die VIER SUSTERS deesdae, waarskynlik hul oog op die swart middelklas deesdae (ek weet self nie wie die vierde suster is nie, maar let verwysing al hoe meer daarna in afkondigings van die preekstoel af).
'n Dapper hart soos Irene van Niekerk, het seker nie 'n saak met ou ooms se besorgdheid oor die Afrikaner nie. Sy stry gewoon die stryd nes haar Voortrekker-oumas - kaalvoet oor die berg - soos dit enige gesonde Afrikanerdogter betaam!
'n Tema wat ek ook gereeld van die preekstoel na luister, is die roeping wat ons as gelowiges leef.
Ek haal die volgende belydenis met die grootste respek uit die woorde van my eie geliefdes: Die land met al sy fagarounda? – nou ja: DIT IS TYDELIK... glo dit of nie, ek is in hierdie (wêreld) nie van hierdie (wêreld), daarom weet ek wat vir my wag is nie van hierdie (wêreld) nie, daarom staan ek nie in vrees nie...
Ek is oorweldig trots en dankbaar vir my geliefdes se optimisme waarmee hulle in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE, hier probeer vasstaan.
My antwoord daarop is egter die volgende; die Voortrekkers moes sekerlik dieselfde pyn onder die Ingelse destyds in die Kaapkolonie ervaar het... nes hulle gebruik ek eerder my verstand en pak ek my wa (as ek wel kan), en trek met my geliefdes kaalvoet oor die berge met absolute vertroue in God in my hart heen, en laat die gemak waaraan mens so gewoond raak het hier, ook terwille van die vrede in my hart vergoed agter...
Jan, wie weet wat daar nog op ons weg wag?
Dankie vir jou Afrikanerbroederskap.
Cornelius
Korrek gestel Jan: Dit laat 'n mens stom hoe veral Protestante organisasies, swyg oor die moord en doodslag op ons Afrikaners.