Branders
Ek wens ek kan net laat gaan
Ophou bestaan
Dat die branders oor my spoel
En niks meer voel
Ophou dink
Net verdrink
Ek het nog altyd gehoop
Jy sal loop
Sonder pyn
Net eenvoudig verdwyn
Dat ek dadelik sou weet
Dat jy sleg was vir my
Dat ek nie sou seerkry
Die vliegtuig het al lankal begin val
Vasgeklou aan jou
So lank ek kon maar hoekom
Verbrand deur die vure wat verwoes
So nou en dan gekoes
Partykeer getref
Ek het steeds bly glo en wens
Die grens
Wat ek en jy oorgesteek het
Ek moes van beter geweet het
Nou dryf ek in die water wat my versmoor
Ek wil alles verloor
Ek wil nie oorleef nie
Net ingee
Ek wens ek was sterk
Want dan sal ek alles kan verwerk
Die herinnering hou my onder
Weer aangeval deur nog ’n brander
Waar is jy nou?
Ek begin al minder te onthou
Stadig maar seker
Voel ek beter
Eendag
Sal ek weer lag
Maar tot dan
Sal die stroom my neem
Tot wie weet waarheen
Ek moenie wens dis na jou nie
Ek kan niks meer onthou nie ...
![]() |



