Botanica: 'n gesprek tussen kunstenaars

  • 1

Die Botanica-groepuitstalling is tans te sien by die Breytenbach Sentrum-galery in Wellington. Uiteenlopende kunstenaars is genooi om die natuur in verskillende media te vier. Die deelnemende kunstenaars is Loni Dräger (beeldhou), Hanien Conradie (skilder), John Bauer (keramiek), Rebecca Jones (beeldhou in papier), Victoria du Toit (skilder), Isobella Mostert (skilder), Elsibe McGuffog (multimedia) en Annelie Venter (skilder). Die uitstalling duur tot 5 Junie.

LitNet het ’n gesprek tussen die deelnemende kunstenaars gereël:

Elsibe McGuffog vra Isobella Mostert:

Met betrekking tot die tema Botanica laat baie van jou werke my dink aan “organies” in stede van bloot “botanies”. Soms kry ek die gevoel van ink wat in water drup, of van bloed, of die vlees van die liggaam, of van die sappe in ’n blom wat nie gewoonweg opvallend is nie, amper soos ’n hart wat pomp in alle lewende wesens. Vir my is daar ’n noue verwantskap tussen blomme en die menslike liggaam, maar ek wonder wat jou indrukke is. Wat is vir jou die verwantskap tussen blomme, die veld, grassies en sade teenoor die aard van jou beelde? Of anders gestel, tot watter mate het die natuur ’n impak op jou werk of jou inspirasie?

Ek gee nooit titels nie, juis omdat ek graag wil hê die kykers moet hulle eie afleidings kan maak. Vir my is daar een ding wat gemeenskaplik tussen die natuur en mens is en dis die energie wat alles bind tot lewe. Ons sien dit en ons sien dit ook nie. Dieselfde geld vir gevoel. Ons voel, maar ons voel ook nie. Die energie tussen plant, mens en dier is altyd daar. Dis net frekwensies wat wissel en verskuif. Plante het vir my 'n baie besliste basiese energie wat my op 'n onbewuste vlak raak. Ek begin gewoonlik 'n skildery met 'n kleur en dis asof die kleur dan 'n lewe kry en die emosie kom van daar. So ook die vorm. 

Deur Isobella Mostert


Isabella Mostert vra
Elsibe McGuffog:

Waarom skep jy in collages? Jou werk is vol van beelde en woorde/indrukke. Wat dryf jou om op so 'n manier te skep? 

Ek dink die collage en fladderende papiertjies is nodig omdat woorde wat met -ica of -ical eindig (soos botanica en botanical), gewoonlik te make het met ’n beskrywing en ’n kategorie; ons “boks” so ons kennis; ons skep perke. Dit kom neer op die inperking van kennis in ’n kunsmatige of nuttige (afhangende van jou uitgangspunt) verwysingsraamwerk. Met ander woorde, dit gaan vir my oor wetenskap of oor studierigtings wat uitsluitlik bepaalde inligting aanbied (dierekunde, geloof, gedigte) – tog kom botanica orals voor in daardie genres – soos ek met die aanduiding van sekere woorde uitlig. Die woord botanica het met plante en selfs gesondheid te make. Ook is die oorsprong van die woord botanica in die Ou-Griekse woord vir pastures.

In elk geval, wetenskap en ondersoek gaan vir my oor bronne. Die papiertjies in die collage gaan oor die kennis op skrif stel en ook allerlei verwante bronne of verwysings verskaf waarin botanica weggegryp word vir ’n ander nut, asof die wind dit wegwaai soos sade. So kom botanica orals voor. Selfs voëls “plant” sade.

Die collage verwys ook na die eerste gedig waarin die wind ’n papiertjie weggryp. Daar is letterlik ’n papiertjie wat fladder langs daardie gedig, asof die wind dit kom optel het. Die bedoeling met die wind wat dit weggryp, is dat die natuur langer hou of ’n groter effek het of meer duursaam is as mensgemaakte papier. Papier is dus waarmee ons die kennis behou, maar dit is ook ’n teken van wat ons met die natuur maak wat nie “natuurlik” is nie (ons kap byvoorbeeld ’n boom af om papier te maak). Papier is dus ’n tipe paradoks, net soos woorde nooit alles kan sê nie en foto’s nooit ’n blom se prag heeltemal kan vasvang nie, al probeer mens hoe. Dit gaan dus oor die verwisseling van botanica. Ook oor die seisoene van die liefde en verganklikheid; maar in die verganklikheid is daar vrede en ’n natuurlike verwisseling, of soos Sheila Cussons sou skryf: “niks is geskep en klaar maar verbrei oneindig ...” Dit is veral in die gedigte ook so. Die liefde het oomblikke van angs en jaloesie waarin die beminde wegraak, maar die gevoel ontwikkel in ’n tipe bevryding van die beminde. Ek dink ek werk met die gevoel dat ’n mens nie vry kan voel sonder dat ’n mens eers ’n lang ent in die veld gaan stap nie. Hoe langer, hoe vryer. Ek werk ook baie graag in ’n gegewe konteks wat ander digters en skrywers al geskep het, omdat dit dan gaan oor ’n dialoog met tradisie.

Die reaksies wat ek ontvang op die groot collage is interessant. Een is byvoorbeeld dat dit ’n gevoel van veiligheid verskaf, dalk omdat dit antieke of nostalgiese kennis is, of dalk bloot weens die kleure of ’n persoonlike assosiasie wat die kyker koester. Ander mense huil omdat hulle die gedigte roerend vind. Ander mense voel weer die papiertjies kan ’n aparte kunswerk wees en is te veel, of dat dit oorweldigend is. Ek wou graag iets skep wat bietjie uitdagend is. Die werk het baie vlakke en is kompleks. Die collage is dus ’n “biblioteek” en bronne skep dalk ’n tuiste, maar dit is mensgemaak. Die natuur en sy eenvoud sowel as liefde en sy eenvoud word dus ’n tipe uitdaging op die vlak van emosie en die hart omdat dit so “vars” en eenvoudig mooi is in vergelyking met die tekste. Ek dink dit is dalk waarom die natuur juis baie stadsjapies wat worstel met “information overload”, aantrek. Die inligting in die collage gee egter ook baie lae en vrae, sodat die kunsliefhebber lank met die werk kan saamwoon. Maar dalk net vir ’n mens wat tot kompleksiteit aangetrokke is as ’n roete na eenvoud. Die gevoel word ook geskep dat die kyker op iemand se dagboek afgekom het, met geskrifte en notas wat verborge of privaat is – en die gedigte het ook daardie gevoel.

Op ’n bloot visuele vlak gaan die collage oor tekstuur wat aanloklik is, soos die natuur self. As ek in die veld of die tuin is, dan moet ek aan plante vat. Die Engelse woord “leaf” is beide iets op ’n plant en iets in ’n boek. Al is die werk agter glas, het ons al almal deur sulke ou boeke geblaai op soek na iets wat ons nie ken nie en graag wil vasvang, soos ons ook in die natuur maak.

Deur Elsibe McGuffog


Elsibe McGuffog vra
Hanien Conradie:

Tot watter mate het blomme te doen met jou kulturele belewenis?

Inheemse blomme wat in die Wes-Kaap bedreig word, is die hoofonderwerp van my werk. Die blom as simbool van dit wat vroulik is, sluit aan by my eie verhouding met blomme wat gevorm is deur my ouma en ma se liefde vir gekweekte blomme. Hierdie verhouding met blomme is kompleks omdat daar ’n onderliggende tema van uitheems teenoor inheems bestaan; iets wat ook aansluit by my politieke en kulturele herkoms as Afrikaner.

My proses het begin deurdat ek my ouma se plaas, Raaswater, in Worcester gaan besoek het. Ek het ’n landskap gestroop van sy natuurlike plantegroei aangetref. Die rivier, wat bekend was vir sy raas oor die klippe, was stil en het skaars gevloei. In my navorsing het ek gevind dat die plant wat oorspronklik op die plaas gegroei het, Breede Alluvium Fynbos was. Hierdie ekologiese plantgroep het vandag bykans uitgesterf.

My proses om inheemse blomme te soek en te “ontmoet” het ’n proses van om-te-behoort geword. Deur tyd met hierdie plante te spandeer het ek gehoop om iets te leer van die inheemse landskap en wat dit beteken om ’n diepe verbintenis met die natuur te hê.

My oeuvre van skilderye is baie divers in terme van proses en materiaal. Die reeks wat ek in die Breytenbach-galery uitgestal het, het te doen met die proses van soek na rare blomme in die veld. Die werke is geskilder met olieverf op papier wat tradisioneel vir botaniese illustrasies gebruik word. Die eerste laag verf is ’n aanduiding van die kleur van die blom. Die volgende stap was om die kleur met ’n donker laag verf te bedek. Deur ’n proses van verwydering probeer ek dan om die vorm van die blom te vind. Die kleur bloei baie keer buite die rand van die geverfde area. Vir my kommunikeer hierdie visuele oorskryding van grense die onmoontlikheid om die natuur te beheer en te klassifiseer.

Deur Hanien Conradie


Rebecca Jones
asked John Bauer:

Why ceramics? And could you ever see yourself using another medium?

Ceramics is a series of particles that are all identical, it has no grain and no bias. There are absolutely no restrictions on one’s creativity. It is a dance between art and science. I use a computerised kiln allowing identical firing cycles each time. My pigments are metal oxide-based. These powders, minerals and chemicals … the colours are achieved not only by chemical content but by a complicated manner of cooling.

The essence of a successful art career is being able to feel creative while operating within the parameters of a financial reality. Ceramics allows this. Even when I make two similar pieces, I might take two radically different paths to arrive at those parallel destinations. In short, it enables me to extract the maximum creativity out of a day.

By John Bauer


Victoria du Toit asked Annelie Venter:

How does your femininity / being a woman influence your art-making process? How does it influence your art practice, choice of subject matter etc? Also, which South African female artist do you admire and why?

I am not very good with words (that is why I chose to express myself through painting!), but I will try as best I can. I like to paint things that others see as “inferior” (eg plant material/flowers) or “soft”. I am a stubborn person, so I want to prove people wrong who feel flower painting is inferior: I want to do it well. I want to paint the plants and flowers with integrity: I want to prove that what you paint is immaterial – it's how you paint it. I want to imbue this lowly, “feminine” subject matter with integrity and worthy treatment. I want to make art that is “good”, not commercial.

So, what do you think makes it “good”?

I think the honesty with which I approach the plant. I pay respect to the plant, I want to show the love and affinity I feel for the plant. (I have always been drawn to, loved, plants.) And you know, men have also loved painting flowers and plants – just look at Van Gogh; and even Lucien Freud has painted beautiful plant images.

Being a woman affects everything about my life – I mean, I first have to make sure everything and everyone else is looked after before I can give myself to painting. The little bit of time I have left over, I give to painting! Like Judith Mason once said: I also need a wife to look after everything! But, I am a Taurus, I am a bull and I am stubborn: I was/am determined to make a success of my painting career and I decided to do whatever it takes to make it work.

The artist I admire would have to be Clare Menck, who lives and works close to me in Piketberg. Even though she is younger than me, she is a type of a mentor to me and she has encouraged me and pushed me forward into the art world a bit. I love her raw and honest approach to painting – it is almost fragile. I think it's also the painterly quality that I love.

By Annelie Venter


Annelie Venter asked
Victoria du Toit:

Your work is so sensitive and seemingly effortless, yet complicated with its intricate patterns of the inner workings of a flower. How do you manage to do this in the difficult medium of watercolour? Do you make a complete drawing first? It seems like one can get lost in your painting like in a labyrinth. Is painting a meditational process for you?

I'll start with the last part: yes, painting is definitely a meditational and spiritual practice for me. I love being in my “inner world”, and the act of painting makes that inner world real: I am able to inhabit it and move in it! In fact, that is what these series of paintings are about: the inner world (all the flowers have been dissected to reveal the inner workings of the plant). I find the act of looking or staring at these plants really addictive and I marvel at these hand-designed, “handmade” plants. Seeing their own inner workings causes me to think of Psalm 139, which speaks of God intricately designing me in my mother's womb. The Amplified Bible talks about babies being “curiously and intricately wrought and embroidered as with many colours” in the mother's womb. I want to make the unseen visible, open it up for appreciation. I just also love pushing the paint around, and enjoy the mark-making process: I get lost in the detail and enjoy the inner landscapes that are on a petal or the stem which has been cut open. 

The medium of watercolour really lends itself to detail and I am constantly amazed at what the paint can do, what the paper can handle and the smallest detail the brush can capture. I use very high-quality paint, paper and brushes and under the awe-inspiring tutelage of Vicki Thomas ( a botanical painter) I have so enjoyed pushing the boundaries with detail. 

I usually try to draw in at least the basic outline of the plant to make sure that the composition “works” and then will begin drawing in the detail: I usually can't finish this, because I get too “lus” to paint! I must say that with the big rose I did make a photocopy of the photo and then pencil in the folds of the rose – I just felt that I would get too confused with the layers in this flower, but usually I don't like to do this – I like the imperfections of a hand-drawn image that is maybe a little different from the original. 

By Victoria du Toit


Loni Dräger asked
Rebecca Jones:

Do you allow “mistakes” to influence your artwork as you work or do you stick to the original idea regardless?

Yes, I believe for my artworks to become “alive” I must embrace all aspects of the creative process. Mistakes can lead you along new paths not yet explored; however, as an artist you must choose to go with the “mistakes” that work with or enhance your original ideas. But perhaps as artists we never make mistakes? Are mistakes not part of a naturally evolving creative process where the “mistake” leads to a better artwork? At the end of the day it is the finished artwork that hopefully speaks to and conveys your idea to the viewer, however this comes about.

By Rebecca Jones


Rebecca Jones
asked Loni Dräger:

How much does the place you live in affect your work?

My surroundings definitely influence my work. I search for quiet, empty places to reconnect to the Earth. I aim to bring that quietness back into my work. And when working I prefer natural surroundings such as my garden.

By Loni Dräger

 

Besoek die Breytenbach Sentrum Galery by Burgerstraat 14, Wellington.

021 864 2988 / [email protected]

Ure: Ma. - Vry. 9:30-17:00, Sat. 10:00-13:00, Son. en na-ure op afspraak. 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top