Bosma is braaf en nie verregs nie

  • 0

Taalkwessie of te nie ... ek is nie een wat sommer in ’n bekgeveg betrokke wil raak oor iets wat my na aan die hart lê en ander nie, nie. Die Nederlander wat nou betrokke wil raak om Afrikaans te bevorder en steun is vir my nogal - om die minste te sê - braaf. Ongelukkig word die man nou as ’n verregse uitgekryt.

Natuurlik sal dié wat die man te na wil kom en andere wat saam in die koor skree op hul seepkissies klim en hul onverdraagsaamheid duidelik te kenne gee. Wat het die behoud van Afrikaans nou met die man se politieke oortuigings uit te waai? So wat daarvan as die man sy nek uitsteek oor iets wat hom na aan die hart lê?

Wat my dronkslaan is wanneer ’n agbare politikus sy bereidwilligheid oor die behoud van Afrikaans te kenne gee is dit soos musiek in almal se ore en word daar letterlik aan sy\haar lippe gehang. Ek dink aan een politikus wat gediggies in Afrikaans skryf. Hy is nou beter as gesnyde brood. Wat is sy werklike motief? Die ou gesegde bly maar waar, hou jou vriende na aan jou en jou vyande nader. Laat dit vir ons ’n les wees. Buitelanders is bereid om namens ons te veg vir iets wat ons te slapgat is om te doen.

Christo

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top