Bosluisbyt by 1-jarige

  • 1

Pierre, ek het jou antwoord gelees aan Maya (geskryf in 2009).

My seuntjie is gebyt deur ’n bosluis twee weke terug. Ek het self die bosluis op sy kop sien sit, dit het afgeval toe ek vir hom ’n hemp aangetrek het en ek het die luis doodgemaak. Ek het op die internet gaan soek en bevestiging gekry dat die luis van die Tampan familie is – ’n sagte bosluis.

Ek was ’n week terug met hom by die dokter nadat ek ’n klier in sy nek ontdek het naby die bytplek. Die klier is omtrent so groot soos ’n perskepit. Die dokter het antibiotika voorgeskryf, Doxitab 100mg. Sy koors het na twee dae weggegaan, maar die klier is nog daar. Volgens die dokter sal die klier eers na 14 dae weggaan. Kan jy dit dalk bevestig? Ek wil nie kanse vat en te lank wag voor ek nog ’n opinie kry nie.

Dankie

Rhona

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top