Pierre de Vos, Anton Van Niekerk et al, is die jong volwassenes ook veronderstel om jul nuut geskepte juk van "jammer sê" oor hul velkleur, te dra? Dis vir my interessant dat wit manlike akademici hierdie dringende konstante behoefte het, om vir "polities swart" jammer te sê, byna ’n fobie om "jannie jammergat" te speel, wat al die emosionele plakkery van elke siek siel in samelewing met ’n "jammer my vel is wit" toelaat? Die feit is dat stedelike swartes al die jare die stemreg gehad om bv vir plaaslike owerhede te kon stem. Nes vir wit, moes dit met betaling van rekening gedoen word by stadsraad. Bv Tom Boya was ’n bekende burgermeester, verkies met sy stadsraad deur swartes, in Daveyton. Vanaf 1994 was paswet geskrap en kon Van Niekerk en De Vos met hul raskeuse trou of seks hê. Dalk is dit nou net vergete? Vryheid van keuse is tog ’n universele reg en kan nie weggevat word met een-of-ander akademikus se onlangse skuldige gewete nie? Van 1960 tot 1983 was net 23jaar van "totale aanslag" in SA. Ons sit nou op 18 jaar van "totale aanslag" teen "wit man" in demokrasie in SA. Ek wil nie "jammer sê" as ’n "kollektief" nie, want ek het die 1ste maal "ja" gestem in my lewe, in 1983 referendum. Maw ek het met my stem toe, al my kollektiewe jammer gesê. In die 90's was daar weer ’n referendum. Dié affêre is op vlak van Tata handelaar, wat met ’n BMW of Mercedes huis toe ry na sluiting. Hoe moet ek hom glo, terwyl hy sy eie wantroue in sy produk wys? Nee wat, hou maar die Vos in die Niekerk jammersê-fees in Stellenbosch, dan kan almal wie wil gaan jammer sê. Die opkoms sal groot wees? Vryheid van keuse kan niemand ontneem word nie, tensy in ’n voorskriftelike Idi Amin-tipe staat?
Hans Richardt

