Boomklim

  • 1

Foto: Canva

Boomklim

In ’n poging om jou te leer boomklim
eindig ons soos twee lui blouapies
in die groot mik van ’n jakaranda.
Ek op my rug gebalanseer
met jou op my bors,
kleingekrimp en stil.

Ons kyk hoe ander kinders
in die parkie met balle
of op kleurvolle klimrame speel.
Jy noem dat die pers blomme
soos trosse jelly babies lyk.

Terwyl ek nog soettand
aan die onverwagse vergelyking kou,
val dit my by, ek voel weer soos ’n kind
wat saam met jou kan boomklim
en dagdroom, luilekker in ’n mik.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top