Bokwerda, Greyling & waninformasie

  • 2

Hello,

Hierdie kommentaar van Bokwerda verwys, gelewer op
hierdie artikel van Ferdi Greyling  wat op sy beurt weer sy artikel op die volgende verslag baseer het, fassineer.

Wat is die internet? Daar word gereeld verwys na die internet as 'n aparte entiteit en as 'n enkele geheel. Dit is natuurlik verkeerd aangesien die internet strenggesproke net gesien kan word as die infrastruktuur waarop miljarde instellings 'n webwerf kan bedryf, hetsy die plaaslike koerant of tot die obskure terroriste wat onthoofde lyke paradeer.

Dus almal wat 'n webwerf kan ontwikkel, stoorruimte vir data kan bekostig kan hulleself op die internet bevind. Die reuse soos Youtube, Amazon en ander tegnologiese firmas het 'server farms' waar al die data gestoor word en spasie uitgehuur word en ook ruimte skep vir die 'cloud' waar persoonlike data van die gebruiker gestoor kan word, jou musiek byvoorbeeld.

Om dan 'n vals skeiding tussen die hoofstroom-media en die internet te formuleer is om die punt heeltemal te mis. Hierdie is nou 'n refrein van my af kant af, maar sal wel weer herhaal word, die internet sluit in die 'New York Times', 'Financial Times' jou plaaslike koerant, die 'Economist', 'n Huisgenoot reg deur tot Youtube en Twitter en die CNN's van die moderne bestel.

Die vraag is dus eerder waar gaan die gebruiker betroubare inligting kry?

Dan het Ferdi Greyling dit korrek, dit sal die media wees wat die verslaggewer in die veld kan stuur, die feite op die grond kan gaan bevestig, rapporteer daarop aan hoofkantoor waar dit finaal aan finale feitebevestiging onderwerp en dan publiseer word. Dit klink goed en stuur daarvolgens die gebruiker in die korrekte rigting.

Maar neem dan die voorbeeld van BBC soos uiteengesit in die verslag.

In November 2012, the BBC broadcast an allegation that a senior politician had been involved in child abuse, which transpired to have been a case of mistaken identity on the part of the victim. Although the BBC did not name the politician, his identity was easily discovered on Twitter, where he was named in about 10,000 tweets or re-tweets.
On top of pursuing legal action against all the people who spread this false information on Twitter, the injured politician settled on £185,000 in damages with the BBC.

Bogenoemde bied 'n voorbeeld van hoofstroom-media wat verkeerd was in hul ondersoek. Die probleem is egter dat iets soos Twitter die fout aan 'n groter gehoor versprei.

A lie can travel halfway around the world while the truth is putting on its shoes.
- Mark Twain, (attributed) US humorist, novelist, short story author, & wit (1835 - 1910)

Dit is opmerklik dat die insig van Mark Twain dekades voor die bestaan van die internet geuiter was.

Maar daar is ook die voorbeeld van Twitter, 'everything is atwitter' Dit is van 1833.

'Nervously concerned, excited,
gossips atwitter with speculation'

Die verslag bied hierdie voorbeeld:

The misinforming tweet @ComfortablySmug?s about the NYSE floor flooding received substantially fewer re-tweets than the tweets that circulated fake photos depicting sharks swimming in New Jersey streets and the Statue of Liberty with monstrous looming storm clouds. Social media analysts say this is not surprising, as visual content tends to spread further than text alone. In addition, the actual misinforming tweets posted by @ComfortablySmug and @CNNweather peaked at significantly fewer re-tweets compared to the correction posted by @BreakingNews, even though the corrected information was posted within an hour of the misinforming tweet.
 

Twitter was hier beide die oorsprong van waninformasie en dan die korreksie daarop, maar weereens dit is instellings, persone wat funksioneer in Twitter. Twitter is weereens net die platform, net soos die internet ook net die platform is.

Die verslag eindig soos volg:

Questions for Stakeholders

It is not yet clear what a global digital ethos would look like, or how it could best be helped to develop. But given the risks posed by digital wildfires in our hyperconnected world, leadership is needed to pose these difficult questions and start the discussion.

Controlling the spread of false information online, either through national laws or sophisticated technologies, raises sensitive questions on the limits to the freedom of speech ? a human value that is not regarded or celebrated equally across different societies. How can constructive international discussions be started to define a global digital ethos without further polarizing societies on issues of civil liberties?

What actions can be taken to promote a new and critical media- or information-literacy among the general public that raises individuals? capacities to assess the credibility of information and its sources?

Where should different groups of stakeholders look to verify the source of information online? How can different markers of trust and information quality be promulgated to facilitate greater user clarity?
 

Dit is dus 'n gevaarlike area en die vraag bly, waarmee sal die gebruiker haar pad suiwer hou.

Die verslag dus ook eindig veel anders as Ferdi Greyling se slotsom en is Bokwerda korrek om dit te bevraagteken.

Dit is dus 'n gevaarlike area en die vraag bly, waarmee sal die gebruiker haar pad suiwer hou.

Baie dankie

Wouter

  • 2

Kommentaar

  • Wouter, meeste Afrikaanse webblaaie is nonsens!

    Ek stem saam met disinformasie en gebruik 3 'bronne' op internet om by 'n redelike gevolgtrekking te kom! Afrikaanse webblaaie vermy ek, dis geld- en tydmors!! Gewoonlik blatante nonsens as mens enige tegniese kennis soek.

    Darem is alles in Engels ook nie 'holy grail' nie en het verifikasie nodig!

    Hans

  • Hans, 
     

    Daar is 'n ou gesegde, vertrou maar verifieer. Maar darem ook die Beeld, Rapport is nie te sleg nie. 

     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top