Bokomo-brekfisbrief; 31/07/09: Die verskil tussen 'n sterrekundige, 'n fisikus en 'n wiskundige

  • 0

Ek stem in 'n mate saam met Thomas oor die swaar gebod van die wetenskap. Dit geld vir die fisiese wetenskappe, maar werk dalk 'n bietjie anders in die wiskunde. Jy hoef nie noodwendig eksperimenteel te bewys dat iets waar is nie, maar gebruik dikwels logika. Soms is daar 'n veronderstelling (conjecture) en voor dit nie as 'n stelling bewys is nie, kan jy dit nie as die waarheid aanvaar nie. Slegs wanneer daar absoluut geen twyfel bestaan nie en die bewys 100% getoets is, word dit as die waarheid aanvaar. Partykeer is dit nodig om te bewys dat iets nie kan bestaan nie, soos byvoorbeeld Fermat se stelling wat ná 350 jaar deur Andrew Wiles bewys is.

Ian Stewart vertel in Concepts of Modern Mathematics die storie van die astronoom, die fisikus en die wiskundige wat met vakansie in Skotland is. Deur die treinvenster sien hulle 'n swart skaap in die middel van die veld. "Hoe interessant", sê die astronoom, "alle Skotse skape is swart!" Waarop die fisikus antwoord: "Nee, nee! Sommige Skotse skape is swart!" Die wiskundige het sy oë hemelwaarts gekeer en benadruk: "In Skotland bestaan daar ten minste een veld, waar daar ten minste een skaap staan, waarvan ons met sekerheid kan sê dat die een kant swart is!"

Dit maak vir my sin dat jy deur logika sal kan bewys dat daar 'n God is, eerder as met eksperimentele bewyse. Elke intelligente Christen sal in elk geval kan verduidelik wat hulle glo, maar daar is nie noodwendig 'n antwoord op waarom dit so is nie. Dit is soos dit is. Net soos die Bybel sê dat God is wie Hy is. Finish en klaar. As dit ateïste pla, is dit hulle probleem.

Wat wiskunde betref, bestaan daar by my geen twyfel dat daar 'n God moet wees nie. Alles werk net te perfek uit dat dit net random so kon gebeur het. Die wiskundige patrone in die hele skepping is net te oorweldigend.

Werner Gitt het in sy boek In the beginning was Information geskryf: "There is no natural law through which matter can give rise to information, neither is there any physical process or material phenomenon known that can do this." En: "Statistical processes cannot generate real information or real messages."

Die informasie wat nodig is sodat 'n spinnekop 'n web kan spin, 'n miertjie 'n nes kan bou, 'n mens 'n taal kan bemeester - om maar 'n paar voorbeelde te noem - is so kompleks dat die sterkste rekenaar op aarde dit in miljoene jare nooit sal kan kopieer nie. Dit is statisties totaal onmoontlik dat die oordrag van informasie random kon ontwikkel het.

Vergun my 'n laaste aanhaling van Gitt: "Physical laws can describe and delineate the progress of biological processes, but they fail to explain their complexity and the wealth of their structures and functions. Anybody who discusses questions of origin and of spirituality on a purely material plane removes himself completely from the realities of life by such a mechanistic reduction."

Ek stem nogal met hom saam.

Vega

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top