Ek luister die Hilux-advertensie so en mens moet tog soms saamstem, hehe, dat dit moeilik is om 'n Hilux te breek. En toe dink ek aan 'n paar stories wat mense vertel het.
So vertel oom Gustav vir my dat hy een aand toe die manne bietjie meer as 'n bottel of ses agter die blad het moes lieg. Groot lieg.
Daar het baie stories daardie aand uitgekom wat meestal waar klink maar die waarste van almal was hierdie:
Die manne het een nag gaan jag. Met skietlampe. Nou, ons almal het mos al met skietlampe gejag en ken mos van. Maar hierdie nag het die wind bietjie erg gewaai. Stormsterk. Hulle sê dat die wind die nag so erg gewaai het dat die wind die ligstrale heeltemal van die pad af gewaai het. Soveel so dat hulle daardie nag niks kon skiet nie en maar huis toe is en verder loop drink het.
En toe praat iemand van die horlosie in sy ouma se voorkamer. Daai staansoort wat so stadig en kalm beduie watter tyd dit nou eintlik is. Hy sê dat hierdie staanklok so oud was dat die agterste muur van die klok so 'n duim diep gleuf in gehad het soos die skaduwee van die slinger met die tyd in die hout ingegraveer het. Ons probeer nog steeds uitwerk hoe oud daardie klok moet wees.
oester


