Dis die nag voor die verkiesing. Ek het nog nie 'n oog toegemaak nie en dis al lank na middernag. Ek lê in my bed en wroeg. Dis slegs enkele ure voordat ek daardie allerbelangrike besluit moet neem. Vir wie gaan ek stem? Agter watter party gaan ek my kruisie maak?
Terwyl ek in die bed lê en wroeg, speel alles soos 'n wedloop voor my af. Die African National Criminals en die Pan Africanist Communists is kop aan kop. Later staan ek op, maak 'n beker sterk koffie en begin om 'n "for and against, pros and cons" lysie te maak, maar dit help ook nie veel nie. Dan is die een met 'n kort kop voor en dan weer die ander.
Nog later bel ek vir Gwede. (Dis nou Mantashe. Groot indoena van die ANC. Ek en hy kom 'n lang pad saam. Ons het destyds by Quatro-kamp lekker sit en rum drink terwyl ons dambord gespeel het.) Dis skuins voor vyf. Ek sê: "Comrade, jy moet nou help. Ek is besig om my moeg te wroeg."
Ek kan hoor die ou is bietjie knorrig omdat ek hom so vroeg op 'n belangrike dag pla, maar ek skets nietemin my dilemma vir hom. "Nooo nooo brother, you MUST vote for the ANC. You can't vote for those communists", sê Gwede.
Ek staan in die ry by die verkiesings lokaal en toe dit my beurt is, gaan daar vir my 'n moerse groot lig aan.
Ek dink "te moer met almal" en ek stem DA.
Viva die DA!
Viva Helen Zille!
Lank lewe die DA!
Groete
Kolonie


