’n Driebal boepense dobber tussen sandkuile en setperke.
Die dam herinner aan Sjina se see.
Rastas stormloop reisigers vanuit die pisreuk van die kraftmark
en resiteer ’n spyskaart dwelms.
Wie volg die bohaai as die singer net daar staan,
oor en weer dans, die rigting wys en waai.
Daar is geen sin meer daarbuite
wat die digter met ’n veer in sy hol nog fataal kan fluit,
nog ’n ietsie hier of daar te noteer,
die lot ’n bietjie opnuut betreur.
Kom besig eerder die flashing meide
langs al die roetes na die vrygebore Mekka,
stroomaf huil die riviere dooie krokodille.
Adriaan


