Soek die naweek 'n spesifieke foto van 'n dol dag wat lank in die vergetelheid lê. En raak vasgevang tussen die hordes fotoalbums en die bokse vol "foto first" koeverte met stapels foto's in wat weggebêre is vir eendag. En soos die soektog na die spesifieke foto voortduur word die albums opgediep en word 'n soektog 'n terugtog na die goeie en slegte tye. En die albums word een vir een uitgepak en die onthou lê weer vlak.
Want soos Lucas inderdaad beduie, het mense lank voor ek hier was, die kiekies so met die vier hoeke ingesit. Goeie manier gewees, want die albums wat later gekom het se gom is nie meer gom nie, want die goed val nou almal uit en die plestiek is los. En so sit ons om die kombuistafel voor die kaggel en probeer ontsyfer wie nou weer wie is. En wat van die of daai geword het. En mens verwonder jou aan die manier hoe kiekies destyds gevat is. Die waar die voorsate op pryk, staan die mans op aandag. En die gesigte is strak. Hulle "Pose" behoorlik. Begrafnisse was groot gewees destyds, want soos ek deur die kiekies gaan is daar hordes foto’s van kiste wat in grafte afsak. En treurendes rondom die gat. En dan een waar die kis onder in lê.
Foto’s neem was dus eintlik ook 'n okkasie, was dit nie? Jy het nie durf iemand betrap in 'n netelige situasie nie. Ek sit hier met honderde negatiewe wat Foto First eenvoudig net nie wou druk nie en bloot op die koevert geskryf het: "Not printable" (wat dit ook al mag beteken. Dalk het hie ou of vrou wat moes ontwikkel gesien die Sedebewakers sal kom toeslaan, ek wetie. Nietemin, ek sit nou met die goed. En ons sal dit maar liewer so los.
Ek staan verstom oor die warrelwindgang wat die tegnologie bied. Hoe ek nou met my selfoon net so 'n goeie en beter foto
Ek het nog steeds my heel eerste "kamera". 'n 100 mm plat Kodak gedoente waar die film op 'n spoeletjie aan die agterkant ingesit is. En jy gedraai het tot hy se: "Klik". Later meer "professioneel" geraak met jou eerste opregte 35mm en so met die tyd saam verbeter het tot jy die tasse vol lense en ligmeters en outomatiese rollers en al die megafters gehad het.
Die klogoete sit verstom en kyk na mense wat lankal dood en wat soms nog af en toe in Die Burger verskyn. En hulle vra oor hoe ons dan nou daar was en hoe het ons die of daai geken dat ons hom/haar kon afneem. "Nee, ons het nie oom P******** geken nie, ons was daar met die kamera."
Die slim mense sê die halfleeftyd van 'n goeie outydse foto is om en by 250 jaar. Dis die tyd wat nodig is, blykbaar vir die papier om te vergaan. Ja, maar die leeftyd van die ou op die kiekie was maar net 50 of 70 jaar, so die ou leef tog dan bietjie langer, nè? Die foto laat hom/haar tog bietjie langer vertoef, soort van.
En nou sit ons in die digitale era met al wat leef en beef wat 'n goeie foto
Die nuwe era het al so ver gevorder dat jy jou ou films na digitaal toe
Of, wie weet, dalk met 'n paar haastige houtskoollyne teen 'n grotmuur?
oester


