Hierdie storie het ek 6 jaar gelede aan LitNet gestuur na my eerste Oppikoppi ervaring op die ouderdom van 39. Ek lees dit vandag weer met heimwee en deel dit graag met die wat al daar was en die wat nog wil gaan … Dalk sien ons mekaar weer daar in 2010?
OPPIKOPPIE, DIE STORIE (AUGUSTUS 2004)Â ...
Was nie by die anner 9 nie en het my op die brose ouderdom van 39 laat ompraat om hierdie wilde hap uit die verboten frucht te neem … ha! I mean, ek word darem 40 en moet nou begin LEEF en bewys dat ek nog saam met die “jonges†kan party en veral wakker bly na 10 (oggend of aand ... ) (sal die deel oor oumie wat my wil onterf hou vir later).
Die storie begin eintlik by H (ek sal maar die name weerhou, maar hulle is ok nie meer innocent nie) wat ook nou al 48 word en by die 4e OK was en steeds droom om tog weer te gaan na daar waar die maan laatnag agter die koppie sy koppie uitsteek en mens die vibe voel van al die lekker lywe om jou … hy’t my laat drool met al sy stories oor laatnagkuiers en crazy mooi music van onbekende siele na wie hy nou nog soek … ja, en so sit ek nou twee dae voor die GROOT HAPPENING met ’n moerse lys kampgoed wat gekoop moet word en effense onsekere klomp bubbles in my bloed, maar omdraai is daar nie meer nie!! O ja, en laat ek nie van B vergeet nie … hy’t later deel van ons trio geword … ’n ou army buddy van H en ’n nuwe states buddy van my … so daar is woeste onthoukuiers wat gekuier gaan word en ons deel almal ’n GROOT liefde vir music, music, music – B ’n extremely great ghitaar man wat ok al sy eie CD gemaak het (en nee, hy het rêrig talent!) en ek en H grooooooot fans van Valiant en Koos en Kerkorrel ens … Hoeveel hout HET mens nodig vir hierie trip en gaan 12 plattes (old brown) genoeg wees en moenie jou Vaal Reefs mynhoed met die lampie vergeet nie … gumboots kan dalk ok werk? Anyway … ek vertel later meer … ons is after all noggie eers daar nie?! En ek wil REGTIG graag weet hoe klink AWB
Vanwaar ek laas die storie afgeskop het, het daar soveel images in my brein vasgesteek, dat ek eintlik die twee weke since Koppi nodig gehad het om oor my blues (à la Koos), my bosbef**theid, my skrape en kneusplekke en generally net weer my moerse verlange terug te kom … net om weer in die alledaagse roetine in te slot was ’n bomenslike poging, life does in fact go on, maar een ding for sure: EK sal nooit weer dieselfde wees nie! Vir diegene wat lus is om in meer detail te hoor hoe ek by hierdie slotsom uitgekom het … lees gerus verder. Vir die res, lees gerus verder …
Dag een (die res van die dae vloei almal in mekaar …)
As ek praat van ’n moerse lys kampgoed, dan is dit die understatement of the year. Ons het mekaar 12-uur ontmoet met elkeen se “goedjies†wat in EEN bakkie en sleepwa moes in, dit het ons 3 ure gevat om alles in gate in te druk en ek moes eventually die heelpad met my een voet op die toiletrolle en my ander voet op die nartjies, gesqueeze tussen die wavrag kos in ligblou cooler en ’n (baie nodige) voorraad ys in die donkerblou een … Die twee pragtige manne and the blonde is uiteindelik, papnat gesweet, maar in ligte luim, gereed om ons oorlaaide Isuzu/sleepwa kombinasie in ’n noordelike rigting te laat beweeg. Dis ’n baie welkome Afrikasomerhitte wat ons skielik vroeg in Augustus oorval en ek skree gereeld dat die air con kouer/harder/hoër/vinniger gestel moet word … een van laasgenoemde het wel meesal die nodige effek … In Northam (klein one-horse town sonner take-away plekkies) oorval ons die baie onwillige Chieken liekin-girls en kry uiteindelik ons 6 minute burgers 1 uur en 7 minute later … ag, ons is nie haastig nie, en dis Afrika onthou … enigiets noord van Pretoria is …
Baie kort uit Northam sien ons die OK bordjies (net oorkant die Bierrivier … klink belowend … was dit altyd sy naam of het die inevitable naamsverandering hierdie stroompie getref NA 1994 (1e OK)??? Ge-orange-tag en geprogramme kry ons die raad van die enigste oorlewende van die drie wyse manne … moenie te naby al kampie opslaan nie, ry diep in en ondersoek alle moontlikhede (soos in toets alles en behou die lekkerstes … ) – mens kan ’n song maak van daai woorde mmm  … anyway, dat ek nie NOU al afdwaal nie … Ek noem die man nie verniet wys nie, want dit blyk toe uiteindelik besonderse goeie raad te wees – ons kry DIE beste camping spot diep inni bos met ’n view oppi koppi (!!) en begin met die ontbossing, ontdoringing en ontklipping van ons plekkie … ons baie verbaasde bure moes besef het ons kamp dalk gereeld, maar die OK ding is dalk nuut en vreemd – hier word wragtag te veel moeite gedoen … al wat ons eintlik moes gebring het was ’n bottel brandy (of 7) en ’n matras…??! ’n Flukser trio sou jy veeeer gaan soek het tussen die duisende en uiteindelik sak ons salig neer voor ’n vuurtjie (in ons … ahum … kampstoele!) met die agste of so van vele, vele, vele verdere drinks ...
Oppikoppi is vir kuier en al wat ’n kuiergat en weirdo is was daar – die gedagte het op ’n stadium by my opgekom dat dit die bymekaarkomplek moet wees van al die verlore siele, maar die hel
O ja, ek’t vergeet om te vertel van die sonde met die bure … iewers deur die loop van die nag het ’n skrikwekkende sirkustent reg langs my, teen my, nee op my verrys, en die baie jong en moerse raserige inwoners het van so omtrent 1-uur af hulle eie maak-’n-las show vir ons gestage (sonder die soms broodnodige sensors!!!) Ons kom toe ook in die oggendlig agter dat algar maar lê en luister het, en elke snaakserige storie woordeliks kon herhaal, byklanke en al … nouja, ons is dus moeg, *%)^(* moeg, maar die adrenalien pomp deur ons alkohol en ons stofpad Koppi toe vir die begin van die music explosion (vir my anyway … )
Op ons baie interessante en soms skokkende pad wat ons deur die massas lywe en tente en blikke/bottles/trash deurbeur loop ons ook by die Bierrivier (onthou net buite Northam) se pragtige bordjie verby (die kreatiewe boorlinge het besluit die ding hoort by hulle en sal hulle kampeerplekkie in die besonder verfraai). Die bord is later ook verder behang met Loslyflywe in alle posisies, net om mens lus te maak vir … ag, die strand en die maanlig en … mmmm (ek is seker sommige tentlinge het meer teruggegaan as wat aanvanklik daar aangeland het NET as gevolg van ons Biervriende se kreatiwiteit) … die staptog van ongeveer een km het ons ’n paar uur geneem … but what fun we had!! Veral onthou ek die swembad agterin die gewillige of onwillige eienaar se bakkie (hoe die water binne gebly het is tot vandag toe vir my ’n raaisel ...) Tjoepies en al het hulle die kamp deurkruis op soek na vrywilligers vir ’n deep-sea-bakkie-diving-demo … en daar was BAIE gewillige lywe … en die onnoembare floating objects in DAAI bakkie after the party … !
Dis seker wragtag nou tyd om by die stages uit te kom, ek soek nou nog na die 4e een wat blykbaar iewers versteek was, maar die twee “main/myn†stages was die gewildste … en dan was daar die meer sensuele/intieme Gito Baloyi stage waar ek my selfoon geskenk het aan ’n vreemdeling sonder my toestemming (hoop jy lees hier, jou bliksem!) Moeilik om die detail van ervarings hier te omskryf, beautiful musiek, beautiful people … blur van happiness en lekkerkry en wasemwarm hitte wat afgekoel word met verskillende troosdosies … dit was great, great … as jy nie daar was nie, bespreek NOU al jou plekkie, anders is jou lewe soveel armer!! Niemand was kwaad vir niemand nie, daar was altyd nog ’n plekkie as jy iewers wou sit, almal het alles gedeel sonder om neuse op te trek vir spoeg of bloed of unidentified drifting objects … ons was lief vir mekaar en vir almal en die wêreld was/IS ’n wonderful place man! Koos en Kobus! Wow!! Piet en Arno … beautiful … Liela, fokofpolisiekar, blues, jazz ... NIKS was nie luisterbaar nie, meeste was ongelooflik goed en nuut en oorspronklik en kreatief en en … dit was net fantasties, OK?
Nouja, vir diegene wat nog krag in hul gebeendere oor het – sit hierdie gebeurtenis op jou kalender van “things to do†in 2010. Oppikoppi is mos hierdie jaar al 16 en dit
Karin


