Dagsê Oester,
Jou lekker brekfisbrief oor Eddie het my laat terugdink aan skooldae, toe 'n 50cc motorfiets die grootste was wat jy 'n lisensie kon voor kry op 16. Daai goed het mos kwaai getrek in eerste en tweede rat, in derde, vierde en vyfde (ja, my Yamaha RD50 het al in 1978 vyf ratte gehad ...), verander net die “beatâ€. 'n Tweeslagenjin maak seker die mees irriterende lawaai bekend aan die mens, en almal het hulle “baffles†uitgehaal om meer krag te kry. En as jy genoeg pitte gehad het, sou Neels van Niekerk wat op Tuks ingenieur geswot het, vir jou 'n “expansion box†bou om die uitlaat te vervang, wat sommer baie ekstra krag tot gevolg gehad het, om nie praat van decibels nie.
In daardie dae kon die Japanese fietse nie kers vashou by die Duitse Zundapps en Kreidlers nie, en as jy een van daai menere gehad het, was jy die man. Hier in matriek rond het ek 'n Suzuki GT 550 vir R800 gekoop en opgebou. Dit was ook 'n tweeslagenjin, drie silinders, en hy was vinnig, raserig en rokerig. Die ding het olie gelek, soos 'n vark hanteer en omtrent geen remme gehad nie, en bly tot vandag toe nog een van my gunstelinge.
Na weermag het ek eers 'n GSX 1100 gery, en later 'n 1100 Katana. In November 2009 het ek my TL1000S agter in 'n bus ingery, maar gelukkig lig daarvan afgekom. Die TL was Suzuki se teenvoeter vir die Ducati’s van die laat 90’s (sonder veel sukses, 'n Ducati is 'n Ducati), maar die ding het 'n lieflike V2 silinder enjin, een van die sterkste 1000cc’s op die mark. Die fiets is, helaas, begraafplaas toe. Sodra ek die vrou en kinders tot bedaring
Groete,
Valkoog


