... moet die veearts wees.
Hierdie maand, twee jaar gelede het ons Champion, ons boerboel, verloor deur bosluiskoors.
Sedertdien is ek en huismaat bietjie paranoïes oor die honde.
Die veearts in Beyers Naudé-rylaan (Muldersdrif Veearts) is die plek waar ons altyd die diere heen vat. Hulle is ongelooflik.
Ek was so week of wat terug in
Na die tyd is hy heel “placid”. Huismaat sê hy dink daar was ‘n persoonlikheidsverandering, maar ek wonder. Hy is baie naby aan my die heel tyd daar en arme Tiger (ons kat) mag nie eens in die middag saam met my bietjie op die bed lê nie of Nero jaag hom van die bed af nie.
Sy optrede is vir my baie vreemd, want hy het gewoonlik nie ‘n saak met my nie en is net om huismaat die hele tyd.
Gisteraand (Saterdag) Skype ek en huismaat mekaar en dit kom uit dat Nero nie te lekker voel nie. Huismaat stuur vir my ‘n foto en ek
OK, huismaat vat hom vanoggend veearts toe. Nee, bosluiskoors. Hy het ‘n bloedoortapping nodig en die veearts vra of huismaat iemand ken met ‘n groot
So moet Tori gaan en bloed skenk. Na ek bietjie dink moet ek weer bel om te vra of Tori se bloed deur Nero aanvaar sal word. Nee, sê huismaat, glo het honde nie bloedgroepe nie en die feit dat Tori 10 is sal Nero se immuunsisteem ook sommer ‘n lekker “boost” gee, so dit sal goed uitwerk.
Ek is nie bekommerd nie, die veeartse daar is wonderlik, ken ons al vir ons oorbeskerming, en as ons die diere vat en daar is niks fout nie, vra hulle ons ook nie geld nie.
As jou diere miskien nie lekker lyk nie, vat hulle maar, dis die geld werd, jy wil nie wees waar jy geweet het as jy vroeër opgetree het jy dalk die hond kon red nie. Dis ‘n uiters crap gevoel.
Andries Wolmarans


