Skoolsaal. Tydens een of ander bunk periode 'n halwe leeftyd gelede. Haar naam het 'n paar digters en selfs die odd filosoof lang sinne laat skrywe.
Sy het die belofte tydens pouse in die oor gefluister: As jy my
En nee, dit was nie soos die amptelike fliektyd waar jy die kat kon knyp met 'n voel-voel hier en daar en waar dit saakmaak nie. Hierdie fluister het belofte ingehou, want jy is jonk en jy dog sy ken van. Kreft Laerskool. Heuningpot waar onskuld bewys is as blote onskuld en toe verwar is met die dinge van die grootmenswêreld.
Hoe dit gekom het (nope!) dat dinge presies so kon uitwerk het ek lank probeer uitwerk. En toe bloot aanvaar as 'n gegewe van hierdie Wonderspesie wat ons nou vrou noem. Want om een of ander vreemde rede was daar niemand. Net die stille geraas van 'n leë skoolsaal. Maar die fluister het tog gesê dat jy moet soek as jy wil vind en as jy gevind het
Onder die verhoog was daar 'n dubbeldeur. Dis waar die ekstra tafels en stoele en goeters gebêre is vir geval die saal moes vol word. O, en laas jaar se revue se props. En dis waar ek haar kry.
Sy beduie dat lig nie nodig is nie al is dit nagdonker. Maar sy het tog voorsorg getref deur 'n flitslig te los. "Jy is welkom om dit te gebruik as jy wil."
Nou, as jy nog nie jonk en rats en spuls en jeukerig was nie en nie hierdie Wonderspesie waardeer nie sal jy nie weet waarvan ek praat nie. Punt is, die flits wat sy gelos het kon handig wees maar dit wassie nodig nie. (Watter flits nou weer?) Dit kon handig wees want die plek was vol. Wel, die plek sou vol wees al was dit net ek en sy, maar daar was (so het dit gelyk en gevoel) letterlik honderde stoele en tafels en goete waaroor mens moes val. Want haar stem het jou gelei. En soos sy al sagter beduie het het jy harder geval.
Lieb se kantoor was agter die verhoog en eers jarre later het ek besef waarom hy my so gedonner het lank na die tyd. Vuil uil jong meisie betaster wat hy was. Want Lieb konnie anders as om te hoor wat hier onder sy voete gebeur nie.
Mense se mos met stryd kry jy die paradys. Wel, haar naam was die rede waarom Troje geval het en ek het 'n vermoede dis waarom die wêreld steeds draai: Net, die naam is nie meer H nie maar E.
Na 'n lang gespook (dis hulle ou laai, hulle laat jou spook en dan ...) kry ek haar, seer knieë en nerfaf elmboë. Soos die dag wat sy gebore is met net 'n tiksel parfuum (wel, dit kon dalk
'n Donner wat kom stoele haal het.
Na die tyd gewonder oor daardie meisiekind met die naam wat Troje herroep. Nie wonder soos in verlief wonder nie. Wonder oor die resultaat van die wonderlike dieet wat sy gevolg het, want ek
En toe sien jy die lig. Doer neffens die gwarrie by Wagpos. Oppie stoep by oom Willie se plaas. En jy smag vir die res van jou lewe na net een enkele sekonde daarvan.
oester


