Ek wonder altyd: wanneer is vloek vloek, en wanneer is dit bloot ‘n uitdrukking van gevoel?
Kom ons begin by seker die mees omstrede een: die Engelse “Oh my God.” Alhoewel ek nooit ooit die Here se naam in enige vorm ydel gebruik nie, is ek ‘n klein bietjie verwonderd dat die “Oh my God” mense so ontstel. Moet ‘n mens nie eerder op die veronderstelling uitgaan dat dit ‘n teken is dat God eerste in daardie persoon se gedagte is wanneer hy/sy ‘n oomblik van oorweldigende emosie beleef, hetsy verbasing, vrees, opgewondenheid, blydskap, ens? Waarmee ek wel ‘n probleem het is wanneer dit kom by uitdrukkings soos: ‘God damn it’ as jy kwaad is en dit dus as ‘n vloek uiter.
Nog iets waaroor ek wonder: wie het op grond waarvan besluit watter woorde vloekwoorde is (bv donner, bliksem, moer ens) en watter skelwoorde is (demmit, verdomp, magtig, ens)? Hoekom
Ek
Laat my dink aan laas jaar, toe ek een keer verplig was om ‘n vreeslike deftige vrouefunksie by te woon, van daai soort waar ‘n mens die heeltyd wonder of die stywigheid op die vrouens se gesigte aan swak plastiese chirurgie te wyte is, of aan pure snobisme.
Omdat ek nie alleen wil gaan nie, praat ek een van my buurvrouens (kom ons noem haar maar Dollie) om om saam met my te gaan. Ek moes seker van beter geweet het, want Dollie is nie juis bekend vir iemand wat ‘n wag voor haar mond plaas nie. Op ‘n kol gaan die gesprek oor die molestering van kinders en een van die sprekers vertel van ‘n onlangse geval. Dollie luister aandagtig en ek
Nou vra ek vir die anti-vloekers: was daar ‘n beter woord wat sy kon gebruik het?
En op hierdie noot, ‘n flippen lekker dag vir almal.
Ina


