Langs hierdie Wonderland is daar vele plekke wat legendestatus verkry het so met die jare saam. Baie van hulle is baie privaat soos die treintonnel op pad na die waterval by Waterval Boven. Of
Een plek wat reeds geslagte lank al legendestatus verwerf het is Die Knyp. Moenie vra waar die naam vandaan kom nie. Loop eers daardie paadjie en dan kom beduie jy vir my of jy hom op 'n ander naam sou roep. Baie vissermanne
Hier onder teen die wal, waar mens nie
Want jy stap onder een van die mooiste Melkhoutbome deur al met die paadjie langs om die mooi uitsig te ontbloot. Jy weet, die soort wat jou na jou asem laat snak. Of 'n pragtige dame as jy haar die maanskyn op die waters wys. Want jy kyk uit op hierdie Lieflike Blou Dam, met Flat Rock en Mavenster se klip en Kerneels se gat onder jou voete. Maar dit lé ver, ver onder. Afgaan is maklik, soos alle afdraandes mos is.
Dis die terug, opdraande waar die moeilikheid lê. Soos wat J eendag op die harde manier geleer het. J het mos maar kom leer van seegoete en skulpgoete. En skulpgoete beteken mos geld in die sak, so jy oes dit wat die oseaan so mildelik gesaai het. Maar J het nie reg geluister so met sy eerste dag nie. Want die ou manne het mooi beduie: As jy met daardie sak vol skulpgoete daardie paadjie vat moet jy dit rustig vat.
En as jy daardie sak op jou skouers gesit het moet jy hom nie weer grondlangs laat sak nie. Want jy gaan hom nie weer tot op jou skouers kry nie. Verseker nie as jy halfpad boontoe in die Knyp is nie.
En so pak J mos die sak skulpgoete op sy skouers en laat loop. Opdraande uit. Haastig. Ou Hompies het hom so bekyk en vir my beduie: "Daai Kêrel gaan nie bo uitkom nie. Ons gaan hom netnou dra".
Kom ek beduie dit gou: Jy sit 'n sak op jou skouers en eers maak jy seker hy lê reg. Jy maak jou knieë styf en jy skud hom totdat die skulpgoete hul holtes in jou sagte plekke vind. Jy vat jou uster en jou duikklersie vas en jy stap. Stadig. Want met 80kg plus vat jy nie kanse nie. Later begin jou bene bewerig raak en as jy voel jou knieë wil ingee dat loop staan jy stil en jy maak bene reguit en rus. Jy laat val nooit maar nooit daardie sak op die grond nie, want net jy moet hom weer terug op jou skouers kry.
En so het ek vir J teen die Knyp se paadjie gekry. Bleek en wel, baie moeg. En baie naar. Want die Knyp het 'n manier om nie saggies met mensekind te werk nie. Ons het hom maar later loop haal en sy sakke vir hom tot bo gebring. Soos wat vroeër vir ons gedoen is.
J het gou geleer want die volgende oggend het hy sy sake verdeel en gewag vir die ou manne om die pas aan te dui.
oester


