Bokomo-brekfisbrief; 12/04/2010: Stadsjapie op die platteland

  • 0

Ek bly nou twee en 'n half maande op 'n dorpie sonder ‘n robot. Sovêr het 'n paar dinge my opgeval.

Die haarstyle het vasgehaak in die tagtigs. Hier het ek al meer mans met mullets gesien en vroue met gepermde hare en 'n bubble as by 'n Country-musiekkonsert in Tennessee.

Die mall is so klein jy sien ingang 2 aan die teenoorgestelde kant as jy by ingang 1 instap.

Die haarkapper dra haar hare in die beehive styl. (Rêrig!)

As jy in enige plek instap noem hulle jou Tannie.

As jy iets bestel soos 'n motoronderdeel of gordyne, neem dit drie dae anders en meer gereeld, neem dit 3 maande

Maak nie saak watter besigheid dit is nie, die diens is pateties want daar's geen kompetisie nie.

Geen winkels oop na 3 op 'n Saterdag tot Maandag nie.

Enigste wegneem ete is KFC en die hoender proe asof dit 3 maande geneem het om in die dorp aan te kom.

Die skoolleerlinge parkeer hulle bromponies sommer in rye voor die skool in die straat.

Almal loop deur die veld en hoef nie bang te wees nie.

Die huishulpe en tuinwerkers vra R70 'n dag. (Verskriklik; en ek is besig om die ekonomie van die dorp te versteur!)

Geen ordentlike restaurante, behalwe as 'n gastehuis of Lodge jou vergun om by hulle te eet.

Vars vrugte en groente word op Donderdae afgelewer en is uitverkoop teen Saterdag.

Vleis is goedkoop en die beste in die land.

Vis is 'n woord wat nie in die mense se woordeskat bestaan nie.

Jy kan binne 5 minute enige plek in die dorp bereik.

Die lughawe is 10 minute van my huis.

Gesprek in die kafee. "Het julle vir my 'n koerant?"
"Watter koerant soek Tannie?"
"Vandag s'n asseblief"
"Tannie kan hom môre kom kry."

Vega

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top