Mens kamp te min deesdae. Nee, nie designer soort kamp met 'n vierwielwoonwa met satellietskottel en alles wat jy basies by die huis het nie. Ek wonder dikwels oor die ouens wat "kamp" as ek sien hoe hulle voor die kassie sit en 7de Laan kyk. En ek wonder wat die nut is en of die groot "avontuur" basies die sleeptog kus of dam se koers is? Ek vir een hou nie van so kamp nie. Ek wil in 'n tent slaap, op die grond en ek wil spook met die graspol wat laatnag verseker dat ek nie meer weet hoe om te lê nie.
Destyds in
Mens kamp tog sekerlik nie sonder voggies nie. Of sonder vleisies nie. Wel, vleisies sluit in: Tjoppies, Ribbes en dan die ander vleisies. Die sagte soort wat dikwels beneuk
Maar 'n lamp en 'n tweemantent gaan nie altyd goed saam nie. Want so 'n lamp maak 'n tent sommer gou so warm soos 'n oond.
Ek weet nie of dit die voggies of die lamp of die warm liggaam langs my of wat ook al was nie, maar daardie betrokke nag het dinge in 'n tweemantent wel, warm geraak. Nee, nie daai soort warm nie, wel, nie heeltemal nie, of wel, nee, nou maak ek myself deurmekaar.
Wat ek wel weet is dat dinge later so gestoom het dat ek moes uit, waters toe. En synde dit mos in die nanag was neem mens mos maar aan dat die ander tente se inwoners rustig by Rooikappie sal wees, so jy stap maar uit in jou geboortepakkie en jy loop lawe jouself in die Blou Dam se koue waters.
Nou kyk, een ding wat hierdie Blou Dam soms doen, hy laat dinge, mmmmmmm, krimp as die waters koud is. Nie dat dit saak maak as jy vroegoggend alleen is nie. En so, rustig op my eie, besig om die bekende sterre by hul name te groet en ons gevinde vriende se liggies voel-voel aan mens se voete en, mmmmm, ander organe, te geniet (as jy doodstil sit of staan of lê kom hulle gou nader om ondersoek in te stel, glo my, hulle is net so nuuskierig soos ons mensekinders).
Tot jy 'n gegiggel doer van die strand se kant af hoor. Die deursnee man of mannin waag dit mos nie sommer agter die brekers nie, wat hulle dink mos dis waar die ouens met die grys pajamas en lang rye tanne boer (dit terwyl baie van die tannekaste eintlik heel rustig in die vlak waters kan verkeer). Noem my maar bar of wat ook al maar daar is min dinge so mooi soos 'n dame met slegs haar parfuum aan op 'n strand. As haar voete die koue waters tref
So lê ek rustig en bekyk en beluister. En luister julle manne nou mooi: Vrouens praat soms snaakse goed as hulle dink hulle is alleen. Hulle bespreek dinge soms in detail soos slegs 'n vrou
Met 'n lang asem (dit was destyds toe mens nog so 2 minute plus onder water kon bly) sak ekke maar toe af en swem nader. So onder die water vat-vat ek toe so aan die dames se enkels. En toe bars alle hel los. Want anders as te wagte het hierdie groepie dames in hul Evasgewaad nie lus gehad vir iets wat uit die donker aan hulle wil knaag nie. Ek is nie net behoorlik getrap en geskop nie, maar met die opkom slag sommer behoorlik gepak.
Dit het lang en benoude gille gekos om die spul te oortuig dat ek nie 'n Vaaljas of 'n potensiële aanrander is nie. En soos die besigheid tot bedaring gekom het (my waardigheid was, wel, "gekneus" soos 'n hele paar plekke aan my liggaam later ook gewys het) dring dit toe deur dat ons nou op 'n manier moet terug om onsself respektabel te loop maak.
A was nie links nie en beduie toe: "Ag, jy het tog nou alles gesien waaroor jy gewonder het, so dis nou ons beurt". En so moes ek terug tent toe, in Adamsgewaad met 'n spul naakte dames kort op my hakke. Het ek omgekyk? Mmmmmmmmm, wat sou jy doen? Al het Saartjie my die dood voor oë gesweer as ek haar vriendinne sou bekyk kon ek tog in detail onthou hoe elkeen se gesig gelyk het ... ja, sure ... Mens kan mos elke dag in iemand se gesig kyk, daardie ander plekke sien mens nie aldag nie, of hoe?
En tot vandag bly dit een van die mooiste beelde op aarde: Hoe 'n pragtige dame met net haar parfuum aan haar tone so half bangerig in die waters toets met die maan wat haar so skamerig belig met so 'n grysblou skynsel.
oester


