FB
Dankie vir die mooi storie oor George.
Ek het ook altyd in Joeys, soos jy maar, vriendelik die blinde bedelaars, die verkopers en soms, met my hart wat nie weet watter kant toe nie, kinders ge-ignore by die robots. Tot ek 'n les geleer het by 'n vriend van my.
Toe was ek eenmaal saam met die vriend van Kitwe, 'n Indiër, in Lusaka. Toe ons by die eerste robot stop, toe maak hy sy venster OOP! Ek dink nog so by myself: Is die man nou gek? Maar hy gesels lekker land en sand aanmekaar met die mense. As die ou druiwe verkoop, vra hy vir appels, as die ou speelgoed verkoop vra hy of hy nie t-shirts het nie. Die hele tyd met 'n gelag, die ingooi van woorde uit die lokale taal, en so ry ons van robot tot robot.
Hy koop bykans nooit iets nie, maar hy sê in die buurtes waar hy gereeld kom, ken die mense hom al. Hy gee hul soms sommer net geld al benodig hy niks. Hy het seker die verdraagsaamheid teenoor Indiërs manalleen in Lusaka laat styg!
Groete
Afrikaan, Amsterdam


