Johannes, wat ‘n pragtige brief. Jy laat ‘n mens wonder oor dié dinge. Mense wonder soms waar hulle was, voordat hul geleef het? Jy was eers nie hier nie, maar nou is jy bewus daarvan dat jy hier is. Is dit wetenskaplik om te dink daar is niks na die dood nie? As iets eenmaal gebeur het, kan dit dalk weer gebeur? As die omstandighede reg is ontwikkel ‘n weerligstraal, dit verskyn en verdwyn weer. Kan dit weer herhaal word as die omstandighede reg is? Kan dieselfde mens dus op ‘n latere stadium weer gebeur?
Ons word geleer van kleins af dat niks werklik tot niet kan gaan nie. ‘n Vuurhoutjie wat brand gee lig en hitte af, die hout daarvan verander in koolstof en as, maar niks gaan in werklikheid tot niet nie. Dit is maar net veranderinge wat plaasvind. As ‘n mens dan nou uit ‘n liggaam en ‘n gees bestaan, sou die gees vernietig word wanneer jy sterf? Wanneer dit wat van die liggaam ‘n lewende wese maak onttrek word, bly daar dan niks van oor nie? Is die wetenskaplike bevinding, dat niks regtig vernietig kan word nie dalkies verkeerd? Is daar regtig niks na die dood? Is die dood dan onwetenskaplik?
Sien jy nou net hoeveel vrae het jy al weer veroorsaak? Dalk is dit soms beter om te erken dat daar dinge is wat ons nie weet nie. Ek sal die eerste wees om te erken, daar is baie dinge wat ek nie weet nie. En daar is verskriklik baie dinge wat ek graag nog sal wil verstaan. Maar ek kan nie verstaan waarom net die mens, nooit weer kan bestaan na die dood nie.
Waar was jy dan voordat jy gelewe het! Watter goeie rede is daar dan om ons definitief te kan oortuig, dat lewe net eenmalig is en dat niks die dood (wag vir dit) oorleef nie?
Ek wonder tog!
Cheers,
Jakkals


