My hart voel vanaand soos een van daai buite tafeldoeke met die metaalknippies. Dit keer dat die wind die tafeldoek net heeltemal wegwaai. Op hul eie sou ek al die emosie kon verwerk. Maar daar is 'n knippie vir my een broer. 'n Knippie vir die ander. Nog 'n knippie vir my pa. 'n Knippie vir my seun. 'n Knippie vir 'n kleine baba ... en nog twee knippies vir my man se gesondheid en sy werk.
... en ek kom by my rekenaar en daar lê die veer. Presies op my sleutelbord. 'n Reuse groot shocking grasgroen veer. Dit laat my dadelik dink aan 'n reuse hart wat voorheen vir my getroos het toe ek hartseer was. 'n Reuse hart wat iemand gesê het veertjies uit die hemel gaan afgooi vir ons.
... en ek wonder of dit sy was. Of dit sy was of nie, ek voel getroos in die wete dat ek dink iemand dink aan my vanaand.
Ooilam


