Boetman, gooi ’n serwituut-paartie

  • 0

Ek stel voor Faan van der Merwe en buurman Chris Louw gooi ’n moerse paartie daar in die serwituutpad teen die hang van die Magaliesberg … miskien is daar nog vleis aan die hondekarkasse vir so ’n klein braaivleisie. En nooi sommer vir Boetman ook ’n slag, mense … hy’s nog nie klaar gepraat nie! Hy’t immers sy mond gehou vir bykans 3 dekades en nou is die kleintongetjie-klepeltjie al dik van als sluk. Moet nou net nie al 3 gelyk probeer praat nie, mense, gee mekaar ’n kans!

Afsender: ’n Jaloerse Sarie-van-die-mielies-in-die-groen-koringlande wat ongelukkig met studiebesoek in die Okavango delta is. Terloops, Boetman, hier’s nogal baie modder om te gooi as joue opraak. Toemaar Boetman, ek’s bly jy’t die brief sommer namens my ook geskryf. Jy weet mos ek is maar aan die skemerige kant om self iets te sê. Uitstekende stuk skryfwerk en ons is joue immer dankbaar.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top