Boeta van tan’ Apie

  • 0

mooi ytg’drai, dai laitie, v’n tan’ Apie, Boeta,
sprei vlerk’ wyd, vi’ Goew’rment, eMthatha,
vattie net goetersie, nes hulle aankommie,
ytg’slaap, wawydwakke’, glattie dommie

gebruikie hoekies, swaai-draaitjies, jika-amajika,
prentjies alg’r oppie tafel, duid’lik, post-Gondwana,
post-Marikana, -Malema, -Polokwane, -Mangaung,
’t argeoloë pre-’94 al g’wys, slagoffer, van Taung

kanti, Boeta, nogallie ’n halfdierie,
al willynie Self-destruksie v’rlatie,
onkund’-ontkenningskund’-b’leid,
“ras”, “klas”, idee van apartheid

duid’lik, Ma ’Frika, Sy’s glattie ’n “meid”,
nes Boeta, vir anti-“Duiwelspiek”-b’leid

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top