"Boerseun-hart" deur George L Weber

  • 0

 

Boerseun-hart

Ek word wakker met boerseun-hart
Terug in my kinderjare met geen hartspyn of smart
Ek verlang na fisiese harde werk
Die klein dorpie en klipsaalkerk
Vroeg Sondagoggend nagmaalkelk
Die lewe die lug die veld
Geen sorge geen besittings geen geld
Ek dink aan Boelie-hond
Ek dink aan oupa Dirk met hand vol hout of grond
Hy was klein bruin en braaf
Oupa altyd met saag of graaf
Daar staan Pa sterk man met hare rooi
Kyk vir my vol woorde saggies en mooi
Ouma met klein toontjie af
Het kleinkinders altyd laf
Martha ousus liedjie sy sing
Vir haar n bruin slang ek giggelend bring
Pote Swart groot en sterk
Het al ‘n paar wesens laat vrek
Dae was lank weke kort
Te veel tyd te min uitgesort
Terug by die oggend van nou
Die son warm die lug blou
Eer en dank aan ons grote God
Hy bepaal my leed en lot

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top