Boereregerings onkreukbaar, Francois Williams

  • 0

Jy vra my gister: "Streng volgens jou nou, is daar korrupsie, misdaad, swak regering, ens, ens, in alle lande, regoor die wêreld, is dit korrek?"

Nee, dis nie korrek nie. Jy't in sak en as begin weeklaag as iemand die korrupsie en misdaad hier uitwys en vir diesulkes dan gevra hulle moet jou vertel waar, in watter land in die wêreld, "hierdie dinge" nie plaasvind nie.

Lees nou mooi, want ek het dit al meer as een keer voorheen vir jou gesê: Daar is wel misdaad in ander lande maar die omvang is nie NAASTENBY wat dit in die NSA is nie. En SELFS al is daar die gruwelikste misdaad in ander lande is dit geen regverdiging vir die misdaad en korrupsie hier nie.

Jou volgende vraag, naamlik "maar dis okei, reg?" is dus onsin want ek het nooit gesê of impliseer dat misdaad in ander lande oukei is nie.

Terloops, die SwJ's het gister twee vermeende rowers, kan nie onthou waar nie, met klippe doodgegooi. Ook het hulle in Polokwane iemand wat hulle beskuldig het sy eie dogter vermoor het met die halssnoermetode vermoor en die polisie was net betyds om sy vrou, wat alreeds met petrol deurweek was, te red. Die polisie het daarna gemaan mense moenie reg in eie hande neem nie.

Verder, die kunsgalery in Johannesburg se kelder is blykbaar al halfvol riool en word voller elke slag as iemand die ketting trek. Die pompe werk glo nie meer nie (wat is nuut?). Soos jy sê, die NSA is in volle swang.

Ek hoor ook daar is so iets soos 25 staatsaanklaers wat aangekla is van misdrywe, onder andere 'n moord. Die prokureur wat dit genoem het gesê dit is nie so erg nie, dis maar net 25% van die aanklaers! Kan jy glo! Gegee hierdie hoë persentasie, en die feit dat die koerante hulle maaksel (die NSA) om elke hoek en draai teen negatiewe publisiteit probeer beskerm, beteken dit net dat onder die 95% wat nog werk 'n klomp is wat nog net nie gevang is nie.

En natuurlik, soos byna elke dag, is daar weer 'n klipgooiery en bandebrandery uit protes teen swak dienslewering deur 'n munisipaliteit.

Nou gaan jy natuurlik weer vir my vra in watter land is daar nie halssnoermoorde nie, en word die slagoffer se vrou nie met petrol verbrand nie, en in watter land is daar nie 'n kunsgalery waarvan die rioolpompe ophou werk het en die kelder nie halfvol rou riool is nie, en in watter land in die wêreld is 25% van die staatsaanklaers nie skuldig aan allerhande misdrywe, onder andere 'n moord, nie en in watter ander land is daar nie byna elke dag 'n klipgooiery en bandebrandery uit protes teen swak dienslewering van 'n munisipaliteit nie.

Laat ek sommer jou nou die antwoord gee: Nie in een van daardie lande wat ek laas vir jou genoem het nie en ook nie in die ou SA nie.

Jy noem 'n interessante feit naamlik dat, al die lande wat ek genoem het waar daar drasties minder misdaad, korrupsie en onbekwaamheid is, almal blanke regerings het. Ek het nie so daaraan gedink nie maar noudat jy die aandag daarop vestig – dis jou wrintiewaar die geval. Insiggewend HUH?

Nog 'n terloops, al korrupte wit regering hier was miskien gedurende die tyd van die Britte; die Boereregerings was, in vergelyking wat met vandag aan die gang is, onkreukbaar.

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top