Boererate was dikwels baie gevaarlik

  • 15

Behalwe vir die dagga-aftreksels in brandewyn of mampoer, was goed soos nat katvel op bors of pie of beesmis nie vir my logies nie.

Suurlemoensap, gemmer, heuning in warm water vir verkoue is nou nog logies.
  • 15

Kommentaar

  • Hans,
    Ek verwonder my oor jou misoeste. In besonder jou eie kommentaar - sien bv11/9.
    "Aan boerekant het hulle nie omgegee oor hul vrouens en kinders in die konsentrasiekampe nie".

    Dit kom voor asof jy die gebeure goedpraat.

  • Ek het ook al gewonder oor die rate. Geen wonder dat die lewensverwagting van die oueres in die verlede nie so hoog was nie. Ek is van tyd tot tyd met boererate gedokter en het geen langdurige skade oorgehou nie.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, om bv vars pis te gebruik om oog met karkatjie te was, is blatant gevaarlik.
    Die oog het oop slymvlies en die oordraagbare siektes kon maklik so oorgedra word of erger gemaak word.
    Bokmis in warm melk vir bv masels?
    Daar is ’n Boereraat wat ek nog graag gebruik vir verkoue, Med lemon of sommer tee van vars gerasperde suurlemoenskil, gemmer en vars heuning op Boegoe-mampoer ...

    • Tiens Pretorius

      Vars pis is steriel, daar is nie kieme in nie. Dis water en onsuiwerhede wat uit die bloed gehaal is. As dit staan kom daar egter gou kieme, omdat dit 'n ideale kweekmiddel vir kieme is.

  • Tiens Pretorius

    Elizabeth se vreemde en dalk gevaarlike rate word nou voorgehou as verteenwoordigend van die "Boerevolk" se denke. Hans, lyk my jy glo wat die vyande van die Afrikaner/Boer kwytraak. Waar kry jy al die "inligting" wat jy hier plaas?

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, wat ek wil tuisbring, is dat ons verantwoordelikheid moet aanvaar vir gevolge van ABO, kollektief as nageslag, want individue is LANKAL gate toe.
    Feit is, daar was geen openbare dienslewering of gesondheidsleer in skole of gesondheidsorg in twee Boererepublieke nie, vir vertrek.
    In Europa en VSA het politici en gemeenskappe besef hoe belangrik sanitasie en persoonlike higiëne was, in voorkoming van siektes en peste. Dit was konsep wat nie by Boerevroue en kinders bestaan het in konsentrasiekampe nie, wat agter tente gehurk het, brommers en vlieë gelok het en ook swak persoonlike higiëne gehad, bv tydens menstruasie.
    Om te hoes en slym oral te spoeg, was algemene praktyk by ou pruimtabakkouers. Neus vol snuif was oral uitgeblaas, deur met vinger een neusgat toe te druk.
    Hierdie gewoontes het cholera tydens reën veroorsaak, wurms oorgedra en pandemies veroorsaak.

    • Tiens Pretorius

      Watse toiletgeriewe het die Britte voorsien in die konsentrasiekampe? Daar was bykans niks, net slote gegrawe met boomstompe daaroor waarop die vrouens en oumense moes sit. Partykeer het hulle afgeval. Dit was dikwels gevaarlik om die ent te loop na die slote toe, veral in die nag as jy diarree het van die slegte kos. Verkragtings was algemeen.

  • Hans Richardt

    Moes ek noem van geykte houding "dis God se wil wat by Boere bestaan het, " Raed-na-gael?

  • Hans Richardt

    Tiens Pretorius, daar bestaan boeke op Google. Moet nou nie dink boeke op internet is anders as gedrukte boeke en dokumente.
    Hierdie Boererate was sg Tradisionele Kookboek, voor Kook en geniet, in Boerekombuise.
    Die SAMJ, SA mediese joernaal, van 1898 stel dit duidelik dat Boere in Transvaal en Vrystaat verknog was aan Kwaksalwers en Boererate.
    My punt is daar was geen Wetgewing oor publieke gesondheid en sanitasie nie, in ZAR en Vrystaat nie.

  • Hans Richardt

    Tiens Pretorius, kry die volgende boek :
    Di Suid Afrikaanse Kook-, Koek- en Resepte Boek deur Mejufvr Elizabeth Jane Dijkman (1890).
    Dis hoe die titel en outeur gespel was in 1890!
    Die boek was 'n blitsverkoper en tweede oplaag was reeds in 1892 uitgegee. Die bywoners wat dit nie kon bekostig nie, was afhanklik van "baas van plaas" se vrou vir mediese dienste.
    Paul Kruger wou ook nie plaasskole subsidieër vir Hollandse kerkskole vir bywoners se kinders nie.
    Agterlik is goeie beskrywing vir hierdie bywoners.

  • Hans Richardt

    Tiens Pretorius, jou oë is slymvlies waardeur kieme en bakterieë vinnig die bloedstroom bereik.
    Lees bietjie oor Joseph Lister ens.

  • hans Richardt

    Die ou Boeregeloof was dat afvalwater skoon was as dit deur grond gevloei het sover as wat jy klip sewe keer kon gooi, het Cholera tot gevolg gehad.
    Of was dit ook "God se wil"?
    Dit lyk my die lewensuitkyk van Boere was fatalisties.

  • RICHARD LYONS

    Mense as jy nie eens is met rate nie moenie daarvan gebruik maak nie.Elje mens dink hy doen goed.Los aftakelinge en beproef of los rate

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top