Ek sien dat die gewilde program, Boer soek 'n vrou nou ook 'n nuwe wending neem.
Die nuwe program gaan glo Boer soek 'n ou wees.
Genugtig kêrels ...
Ek kan onmiddellik aan twee manne dink, John Deere en Massey Ferguson. Soekery klaargekry.
Reusedwerg


Kommentaar
Hier is nog 'n paar kandidate vir ons boere om te skakel, Agri King, Al Jadah, Berg Bully, New Holland, Cockshutt Plow, Jay Kishan en Shandong Weifang. Sterkte kêrels ek dink die ouens is knap manne.
Moenie vergeet van Joseph Rodgers nie. Daar is nou vir jou 'n ou wat 'n Boer skerp soek.
Boer se roer soek? Wat van Martiens Hennie? Martini Henry ...
Ek dink boer soek ’n ou is ’n briljante plan. Daar is so baie mans wat wegkruip oor die lewe en mense wat nie saamstem nie. Ek is nou nie ’n boer nie, maar ek sal nie omgee om met een uit te gaan nie.