A Dieu, Vaya con Dios, saam’t Allah, Skepper,
Kruiskapper, Mekka-loper, Jerusalemiet, ateïs,
Mens sonner Gees nie Waardig, van Als wat Is,
Millennium Drie, studie-Tyd, Bewustheid, Dieper
2012 Homo Sapiens Sapiens, regtig ver van klaar,
weens struktuurgeweld verward, plan demeketaar,
kry “Duiwelspiek”-gepeupel besonderbitterlikswaar,
meerderheid willie’l verantwoordelikheid aanvaar
sonner Geskiedenis gat historici-storie uitsterf,
onkund-ontkenningskund’t klaar aaklig houvas,
betrag Mens mekaa’, anti-Jablonskiïties, as ‘ras’,
val stokou geraamtes, so kletterend, uit die kas
Planeet Aarde, Univers, Heelal, als wat Mens erf,
Skepper Slaan 8, Khangela wie sabela Sý Langa,
Mens vrees’t al vir millennia, boem’rang-manga,
’t sal Mens verhoed, Lewe Twee-status t’v’rwerf
Jacobus Faasen

