Wallenstein, (Jupiter) het ’n werklike rol wanneer die Ooreenkoms van Westphalia onderteken word in 24 Oktober 1648.
Hier word Hill se beskrywing daarvan aangehaal om die belangrikheid van hierdie mylpaal te bevestig.
1648 marks the founding of the modern world order, the year in which the tradional concept of peace as a universal phenomen in God’s keeping was replaced by the idea of peace as a relationship between states. Sovereign states with clear borders, majority rule combined with minority rights, a balance of power among states, and international conferences and agreements, continue to define the structure of international politics down to the present time.
Hierdie is die groot onderskeid, waar politieke en teologiese denke geskei is om op hierdie manier godsdiens uit internasionale politiek te verwyder.
Volgens Hill se vertelling het hierdie nuwe doktrine staande gebly tot en met Hitler. Hitler se rigting ingeslaan, veronderstel die konsep van, “raumpolitiker”, in teenstelling tot “grenzpolitiker” wat as ’n onderbou van Westphalia beskou kan word. Dit kan aanvaar word dat die oorwinning oor Hitler hierdie Westphaliaanse orde herstel het.
Tesame met die erkenning van die nasie-staat kom die vraag ook na vore watter tipe staat is dan die aanvaarde vorm van hoe ’n staat moet funksioneer.
In hierdie kwessie is Hobbes, Leviathan die eerste verwysing. Dit is ook hier waar die bekende, “oorlog deur almal teen almal” sy oorsprong het en in die beskerming van die burgers teen hierdie wanorde, die burgery mag opgee en toeken aan die soewerein vir die burgery se beskerming.
Hobbes, Leviathan, voorsien dus die politieke teorie om die gesag en noodsaaklikheid van die soewerein te verduidelik. Die geldigheid, gesag en heerskappy intern tot die staat en nie soos Westphalia gedoen het, vir die verhouding tussen state nie. Die werk van Marvell word ook bespreek.
Marvell skets Cromwell se nuwe order as die begin van ’n nuwe republiek, Rome eens gevalle, nou herstel. Die afsterwe van die monargie maak hierdie hergeboorte moontlik.
Cromwell omvorm England in ’n groot mag, ’n modern Britse staat. Dit word aanvaar dat die herstel van Charles II in 1660 nie hierdie veranderinge (volkome) ongedaan gemaak het nie.
Die “Enlightenment”, is die nuwe skeidslyn en die projek waarvolgens, filosofie, rasionele ondersoek, wetenskaplike standaarde van vooruitgang, aanvaarding, die bygeloof van godsdiens vervang. Die fondasie van alles word nou bevraagteken. Kant ondersoek alles van die grond af op.
Hier kan na Rousseau verwys word wat die grondslag geskep het vir die volgende ongure werklikhede. Die staat wat onderdruk, revolusie teen die bestaande order. Alle burgers, “give all to all”, slegs dan kan daar “the people” wees. Hierdie “people” gee dan vorm aan die “General Will”, al is die vereiste dat in die begin stadium vorm gegee word daaraan deur ’n “Maximum Leader”, “Great Helmsman” wat die mense na hulle beloofde bevryding sal bring.
Hierdie kanker is nou nog met ons en volgens sekere ontledings kan die bloedige geskiedenis van Hitler, Stalin, Pol Pot en Mao Zedong hieraan toegeskryf word. Die Franse Revolusie het geldigheid verleen aan hierdie vorm van terreur soos gepleeg deur die staat aan sy burgery. Dit is ook hier waar dit aangedui kan word rede vry van die onderbou van sogenaamde godsdienstige bygeloof nie werklik meer vreedsaam was as wat godsdienstige konflik gewoonlik die norm beskou te gewees het.
Bogenoemde gevaar is ’n uitdaging wat konstant gemonitor moet word.
Hierdie is ’n kort bespreking van ’n boek wat baie meer bied as wat hier geplaas kan word of waaraan ek kan reg laat geskied.
’n Voorlopige afleiding gemaak is dat hierdie verhaal bevestig dat die nasie-staat triomfantlik in die Weste is. Dit kan dalk die begeerte verduidelik agter die res van die opstande soos ervaar in Egipte en omstreke. Die begeerte na wat as ’n norm in die Westerse konteks beskou kan word van, burgerregte, politieke regte en liberale instellings.
Baie dankie
Wouter
NS Tesame met hierdie kan die nuwe boek van Francis Fukuyama, The Origins of Political Order ook oorweeg word, wat bogenoemde verhaal bespreek in ’n historiese konteks en nie gekoppel aan die letterkunde van die kanon nie.

