Ek het my dié week so byna doodgelag toe ek Forces Favourites, ’n boek wat Taurus in die Apartheidsdae uitgegee het, gelees het. Jy sou dink ’n ou gaan net wroeg as jy so ’n boek lees, maar darem nie. Daarvoor sorg mnr Victor Munnik met ’n kort storie oor hoe hy (of dan die soldaat in die storie) skelm in die toilet masturbeer. Dis absoluut histeries met die arme skepsel wat tot sy skok skielik sien maar hier is dan nou nie toiletpapier nie! Natuurlik maak die jongeling ’n plan. Sterk aan te beveel. Die boek, nie die plan nie.
Groete
Michael Green

