Bo-eiland (aljaar se epistel)

  • 0
 
Sonop dommel driesers in plaas van dolf
Digby bome waar honde nou gru
En dorsvloere ook woel en aanhou stu
As hulle skrik vir die geseur van wolf
Tot vure vanaand gestook word met stronke
Soos ek die herfs aan briewe wil meet
Terwyl grondspegte uit vloedwalle heet
Waar winter se riet weer groei tot vonke
 
Dan word gebraak die lande van lente
As draaghout ook sy kos begin gee
Tussen die heksebesem hier en daar
Mis ek sy skimmelbaard, haar sakramente,
Want eensaamheid ken nie ‘n swerwerswee
En die somer se honde blaf al klaar
 
 
 

2006-04-27

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top