Vannag is jou bors
‘n Byenes se gons
Soos elke somer
Sy bougainvillea laat blom
Om selfs sagter as swaels
Oor die sinkplaat te skuifel
Tot ons ook vroegdag
Die garnisoen moet agterlaat
Vir daardie hoogbou van hospitale
Tussen heuwels, den en kruidery
Om nog dikwels naasbestaandes te kry
As hulle ikone kom vervang
Waar boere ook hoër op besig bly

