Blou

  • 0

Blou

Douvoordag het my oë gebloei;
spierwit kole vuur

en sou die grond roep
maak my ’n bosduif –
hier wortel ek nie

maar as yswinde roep
maak my ’n akkerboom –
hiér dwarrel ek nie

kyk die aarde braak berge,
lig brand in my are —
tot my verstand ophou raas
sal ek vlerke sprei
en akkers dra

want die lug is blou
en dít is heilig.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top