Blou
Douvoordag het my oë gebloei;
spierwit kole vuur
en sou die grond roep
maak my ’n bosduif –
hier wortel ek nie
maar as yswinde roep
maak my ’n akkerboom –
hiér dwarrel ek nie
kyk die aarde braak berge,
lig brand in my are —
tot my verstand ophou raas
sal ek vlerke sprei
en akkers dra
want die lug is blou
en dít is heilig.

