Blonde girly
Daar bly ? girly op die hoek in my straat
Vreeslik sexy maar haar pappa vreeslik kwaad
Hulle huis het kameras op elke hoek en draai
Haar pa pas haar mooi op, wie sou dit kon raai?
Sy gaan saam my skool en ek sien haar elke dag
Sexy blou ogies en ? stunning breë glimlag
Op ? oggend moes ek iets doen om haar aandag te trek
Ek skryf ? brief vir haar en hoop dit gaan werk
REFREIN:
Blonde girly, hoekom speel jy hard to get?
Sal jy my help, my uit my eensaamheid kom red?
Blonde girly, jy kyk daagliks dwarsdeur my
Maak of ek nie bestaan nie
En dit vreet stuk vir stuk aan my
My brief is klaar geskryf en eindig met anoniem
Hoop met elke woordjie sal sy weet en my raak sien
Ek het beskryf dat ek net paar huise weg bly
Vier klasse saam haar het en haar pa kyk daagliks skeef vir my
Ek los daardie blomme wat die tuin van Eden nou sal bedek
sonder haar, net een dag, voel dit of my hart wil leeg lek
REFREIN
Tot een oggend stap sy reguit na my toe
My palms begin sweet en ek begin die vlinders voel
Sy smile vir my, kyk diep in my oë
Sy like my baie, kan julle dit glo?
Blonde girly, jy het sopas my hart gesteel
Ons is ? item en ek bly lief vir jou, dis my eerste reël
Ek het gedink dat jou pa dit gaan sleg vat
Maar toe hoor ek hy het gewens daar kom ? kruising oor ons pad


