"Blommekinders" deur Christiaan du Plessis

  • 0

Blommekinders

Ek verklaar myself polities onafhanklik
Mense vergeet soms
Hulle is en bly verganklik
Daar is dus nie tyd vir bloed ruik
En die dae is verby
Om al die vrae te ontduik

Koor

Ek bid om volskaalse integrasie
Ek bid vir meer variasie
Blommekinders blom bond rond
En ek weier om te konformeer
Om aan die speen te suig
En om myself af te keer

Daagliks is dit oordeelsdag
Wees net soos ’n robot
Doen net soos verwag
Grys produktiewe klone
en as jy net dink aan kleur
Word jy met modder besmeer

Koor

Ek bid om volskaalse integrasie
Ek bid vir meer variasie
Blommekinders blom bond rond
En ek weier om te konformeer
Om aan die speen te suig
En om myself af te keer

Ketting los jou denke
Liefde ken geen ras, geslag of kleur
Daar is iewers geliefdes in hul fleur
Pikswart en spierwit
Kom ons maak koffie
Daar is geen beter geur

Koor

Ek bid om volskaalse integrasie
Ek bid vir meer variasie
Blommekinders blom bond rond
En ek weier om te konformeer
Om aan die speen te suig
En om myself af te keer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top