"Blokkiesraaisel" deur Isabel Burger

  • 0

Blokkiesraaisel

sy hou van aardrykskunde
en koffie drink
sy is stil, soms loud
hang af van hoe sy voel
sy is die eenkant meisie
sy is anders
jy dink aan haar as jy nie kan slaap
jy wonder, jy vra

koor

sy is die blokkiesraaisel
wat ek nie kan ontleed
sy is breekbaar, breekbaar
wit en swart ingekleur
sy hou van 7de laan
en bloedrooi bikes
sy luister classic of rock
dra altyd baggy tops
sy is die eenkant meisie
sy is anders
vir haar is normaal overrated
jy verstaan haar nie

koor

haar kat se naam is Dentist
hy is opgetel
sy smaak dudes met lang baarde
wat meer volwasse is
sy is die eenkant meisie
sy is anders
sy is ‘n duisendstuklegkaart
wat net sy kan bou

koor x2

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top