
Foto: Canva
Bloedsweet
My hande vol strepe van bloed en sweet
Kyk ek met trane op na Onse Heer
Vader, swaar is my las vir nog ’n dag
niks anders as die vorige nag.
Bloedsweet wat tap en kommer op lyf vra
Ek net uitweg weer eens, my Heer.
Genade vir ’n weg om net geloof te kry
Sodat U lig net weer bo-op my kan skyn.
God, ons Vader, hier voor my is die pad net duister
Met niemand wat wil luister.
Dis ’n toekoms sonder begin en ’n gister om te vergeet.
U is die weg, want ek het geen reg op ’n lewe van bloed en sweet.
U alleen het die mag met U krag om die gees van die vlees te vereer met U Heilige Gees.
Amen ...