Bloedrivier
Op 16 Desember het ons laer getrek
400 man gewapen met koeël en kerk
Ons hoor die impi’s kom aan
Die Zoeloemag van Dingaan
As een man staan ons saam,
want ons weet dat eendrag maak mag
Koor:
16 000 vyand sak toe om die laer
En ons bid/kry/gee dank vir krag van bo
Manne staan vas, want vandag
Is ons trotste uur
En die lope lê aan voor die Slag van Bloedrivier
En die water verkleur by die Slag van Bloedrivier
en ons kinders, land, wêrelds sal leer uit die Slag van Bloedrivier
Met kolf en mataal, net hier maak ons ons stand
Ons vertroue maak ons teen assegaai en skild bestand
Om opnuut voor te begin
Moet ons trek Donker Afrika in
As my familie dit verg
Sal ek baklei, tot die dood sal ek veg, sal ons veg!
Koor:
My visier bepaal die verskil tussen lewe en dood
Die veld is gevul met die lot van buskruit en lood
Die Ncome-rivier as my grag
Slaag ons weerstand teen die grote aanslag
In die grond sal ek gou
Soos beloof, ter dank ’n kerk bou
Koor
Brug: G Bm A Bm
Met my hand op my hart
Sal ek sterf vir my land, beloof ek
My doel is gerig
Ek besef dit is my ... dit is my plig
Koor
![]() |



