"Blinde Minderheid" deur Roea Uys

  • 0

Blinde Minderheid

As die minderheid
hulle gesag bevraagteken
Hul stemtone weerklink
deur mure wegdreun

Vasgedruk onder
desperaatheid beperk
Oplossings raak min
Uniformigheid versterk

Bedruk die korrupsie
Die vryheid, die wil
van hulle as mens
Is julle blind besiel?

Ons luister, ons hoor
Van praat kom niks
Saamstaan beveg
Vir lewe en oor

Bedruk die korrupsie
Die vryheid, die wil
Van ons as mens
Ons is blind besiel

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top